Die Heerser van die Ringe: Die koning keer terug (3)

R285.00

Die Kameraadskap van die Ring raak by afsonderlike avonture betrokke soos hulle sending voortduur. Aragorn, onthul as die verborge erfgenaam van die antieke Konings van die Weste, snoer kragte saam met die Ruiters van Rohan teen die magte van Isengard, en neem deel aan die desperate oorwinning van die Horingburg. Merry en Pippin, wat deur die orke gevang is, ontsnap na Fangorn-bos en kom daar in aanraking met die ente. Gandalf keer wonder bo wonder terug en verslaan die bose towenaar, Saruman. Intussen vorder Sam en Frodo op die pad na Mordor om die ring te vernietig, vergesel deur Sméagol-Gollum, wat steeds met sy “kosbare skat” behep is. Ná ’n geveg teen die reusespinnekop, Syspin, laat Sam sy meester vir dood agter. Frodo lewe egter steeds, maar is in die hande van die orke. En intussen trek die leërmagte van die Donker Heer saam. J.R.R. Tolkien se grootse werk is al as ’n heroïese liefdesverhaal sowel as klassieke fantasiefiksie beskryf. Die verhaal is om die beurt komies en ongekunsteld, epies en diabolies; en ontvou te midde van tallose toneelveranderinge en karakters in ’n denkbeeldige wêreld wat totaal oortuigend uitgebeeld word.

Die laaste titel in hierdie trilogie.

(Koop in ‘n bundel en spaar! Sien “Bundels”.)

 

 

4 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Drie Ringe vir die elfkonings onder die hemelwerf,

sewe vir die dwerghere in klipsale gekroon,

nege vir mense, gedoem om te sterf,

een vir die Donker Heer op sy donker troon

in die land van Mordor waar die skaduwees draal.

Een Ring om oor almal te heers, een Ring om hulle te vind,

een Ring wat almal bring en in die duisternis saambind

in die land van Mordor waar die skaduwees draal.

Die Kameraadskap van die Ring raak by afsonderlike avonture betrokke soos hulle sending voortduur. Aragorn, onthul as die verborge erfgenaam van die antieke Konings van die Weste, snoer kragte saam met die Ruiters van Rohan teen die magte van Isengard, en neem deel aan die desperate oorwinning van die Horingburg. Merry en Pippin, wat deur die orke gevang is, ontsnap na Fangorn-bos en kom daar in aanraking met die ente. Gandalf keer wonder bo wonder terug en verslaan die bose towenaar, Saruman. Intussen vorder Sam en Frodo op die pad na Mordor om die ring te vernietig, vergesel deur Sméagol-Gollum, wat steeds met sy “kosbare skat” behep is. Ná ’n geveg teen die reusespinnekop, Syspin, laat Sam sy meester vir dood agter. Frodo lewe egter steeds, maar is in die hande van die orke. En intussen trek die leërmagte van die Donker Heer saam. J.R.R. Tolkien se grootse werk is al as ’n heroïese liefdesverhaal sowel as klassieke fantasiefiksie beskryf. Die verhaal is om die beurt komies en ongekunsteld, epies en diabolies; en ontvou te midde van tallose toneelveranderinge en karakters in ’n denkbeeldige wêreld wat totaal oortuigend uitgebeeld word.

Die laaste titel in hierdie trilogie.

(Koop in ‘n bundel en spaar! Sien “Bundels”.)

 

OOR DIE OUTEUR EN VERTALER

Hoewel J.R.R. Tolkien se ikoniese Die heerser van die ringe geen bekendstelling nodig het nie, is die Afrikaanse vertaling daarvan ’n geweldig opwindende eerste. Tolkien self was baie krities oor die vertaling van sy werk (“That this is an ‘imaginary’ world does not give [the translator] any right to remodel it according to his fancy, even if he could in a few months create a new coherent structure which it took me years to work out,” skryf Tolkien in ’n brief aan sy uitgewer met betrekking tot die Nederlandse vertaling van die teks), en Janie Oosthuysen se vindingryke dog uiters sensitiewe benadering tot die wêreld van Middel-aarde skep ’n verbeelde werklikheid wat tegelykertyd bekend én splinternuut is.

 

LESERSPROFIEL

Aanhangers van fantasie – jonk sowel as oud. (Die Afrikaanse teks maak wel ’n relatief komplekse werk leesbaarder en meer verstaanbaar vir ’n jonger fantasiegehoor – hier dink ’n mens veral aan jong tieners wat die filmweergawe ken maar nog nie kans sien vir die Engelse boeke nie.)

Addisionele Inligting

Gewig 0.300 kg
Mates 137 × 213 cm
Outeur

J.R.R. Tolkien

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

392

Verskyningsdatum

2020

ISBN (gedrukte boek)

978-1-4853-0977-2

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die Heerser van die Ringe: Die koning keer terug (3)" te beoordeel
Topverkoper!Ook op TV!
Mandjie