Die groot poefwedstryd

R160.00

Koning Kuttel het ’n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy kasteel se balkon sien Koning Kuttel dan ’n optog van verruklike poefkunswerke voor hom verbykom. Wie se naam gaan hierdie keer deur die koninklike kneg uitgebeitel word in die gedenksteen met al die wenners van die Groot Poefwedstryd?

Ook beskikbaar in Engels: The Big Poop Contest

16 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

’n Waarheidsgetroue verslag van die buitengewoon kunstige kompetisie van 2012.*

Opgeteken en van pragtige prente voorsien deur u verslaggewer aldaar, Guido van Genechten.

* Nie vir sensitiewe neuse nie.

Ook beskikbaar in Engels: The Big Poop Contest

OOR DIE OUTEUR & ILLUSTREERDER

Guido van Genechten het in 1998 die Prys van die stad Hasselt met Rikki gewen en is sindsdien voltyds besig om nuwe karakters te skep waarmee hy die harte van peuters en kleuters verower. Sy prenteboeke word in meer as 30 lande verkoop. Omdat ek so lief is vir jou is ’n gunsteling waarvan daar al meer as 200 000 eksemplare verkoop is.

OOR DIE VERTALER

Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.

LESERSPROFIEL

Kleuters, voorskool, jeug

Addisionele Inligting

Gewig 0.305 kg
Mates 29 × 20.7 cm
Outeur

Guido van Genechten

Vertaler

Shané Kleyn

Illustreerder

Guido van Genechten

Verskyningsdatum

November 2013

Aantal bladsye

32

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-964-7

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die groot poefwedstryd" te beoordeel
Mandjie