Die groot Klein Kaptein (3-in-1)

R300.00

Die Klein Kaptein is ’n kêreltjie wat met ’n skoorsteenpyp, ’n sinkbad, ’n stoelpoot en ’n fietsketting sy skip die “Nooitlek” weer seevaardig maak. Wanneer die skroef, gemaak van gesmelte bronsmunte, ook klaar is, skep ’n groot brander die skip van die hoë duin af waar dit gestrand het. Die avontuurlike tog van die “Nooitlek” met die Klein Kaptein en sy kamerade Dik Druif, Marinka en Bang Tonie kan nou begin. Hulle vaar oor die oseane, kom by vreemde lande aan en trotseer talle gevare.

Al drie dele van die Klein Kaptein se wêreldreis is hier in een band gebundel, met illustrasies in volkleur deur Carl Hollander.

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Paul Biegel (25 Maart 1925, Bussum – 21 Oktober 2006, Laren) was ’n beroemde Nederlandse kinderboekskrywer. Sy bekronings sluit in: die Nederlandse Staatsprys vir Kinder- en Jeugliteratuur (1973), die Woutertje Pieterse-prys (1991: Anderland en 2000: Laatste verhalen van de eeuw), die Nienke van Hichtum-prys (1973: De twaalf rovers), die Gouden Griffel (1965: Het sleutelkruid; 1972: De kleine kapitein en 1993: Nachtverhaal) en die Zilveren Griffel (1972: De twaalf rovers; 1974: Het olifantenfeest; 1982: Haas en 1988: De rode prinses). In 1996 is hy benoem vir die Hans Christian Andersen-prys en in 1999 is hy uitgeroep tot Ridder in die Orde van die Nederlandse Leeu. Die Rooi Prinses (Protea 2015), met illustrasies deur Fiel van der Veen, is ook in Afrikaans beskikbaar.

LESERSPROFIEL

Voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Mates 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Paul Biegel

Illustreerder

Carl Hollander

Vertaler

Daniel Hugo

Aantal bladsye

384

Verskyningsdatum

Mei 2016

Omslag

Sagteband

ISBN

9781485304487

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die groot Klein Kaptein (3-in-1)" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie