Beskrywing
AGTERGROND
Die groot eet-boek is vol fynproewers: vrug- en viseters, vegetariërs, liefhebbers van neute, kaas of gras, blomlekkerbekke of omnivore (soos Jan) … maar almal geniet dit om hul magies vol te eet.
’n Lekkerbek-boekie, met die daaglikse lewe van die kind as tema.
Ander boeke in hierdie reeks:
Die groot boude-boek
Die groot drukkie-boek
Die groot slaap-boek
Die groot baba-boek
Ook in Engels beskikbaar: The Big Eating Book
OOR DIE OUTEUR & ILLUSTREERDER
Guido van Genechten het in 1998 die Prys van die stad Hasselt met Rikki gewen en is sindsdien voltyds besig om nuwe karakters te skep waarmee hy die harte van peuters en kleuters verower. Sy prenteboeke word in meer as 30 lande verkoop. Omdat ek so lief is vir jou is ’n gunsteling waarvan daar al meer as 200 000 eksemplare verkoop is.
OOR DIE VERTALER
Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.
LESERSPROFIEL
Babas, kleuters en voorskool
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.