Beskrywing
AGTERGROND
Is dit nie die grillerigste toebroodjie ooit nie?
Dis sanderig, stinkerig, papgedruk, slymerig en slakkerig.
Maar daar is ’n hongerige ratel wat dit nog steeds wil eet … of nie?
’n Fenomenaal vieslike storie met ’n lekker kinkel.
OOR DIE OUTEUR
Gareth Edwards is ’n bekroonde TV- en radioregisseur, asook die outeur van vier kinderboeke: The Big Animal Mix-Up (2011), The Big Jungle Mix-Up (2012), The Little Bird (2013) en The Disgusting Sandwich (in Afrikaans vertaal en uitgegee deur Protea as Die grillerige toebroodjie). Edwards is getroud en het vier kinders.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Hannah Shaw het illustrasie aan die Universiteit van Brighton gestudeer. Sy is die illustreerder van verskeie bekroonde kinderboeke. Shaw woon in Gloucestershire met haar man en hond.
OOR DIE VERTALER
Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.
LESERSPROFIEL
Kleuters en voorskool en jong jeug
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.