Die goorgomgaai

R150.00

Vandat Die goorgomgaai 20 jaar gelede die eerste keer as The Gruffalo verskyn het, het dit ’n internasionale klassieke kinderboek geword. Meer as 13,5 miljoen kopieë van die boek is wêreldwyd verkoop. Dit is in 76 tale wêreldwyd vertaal.

Loop verder saam met die vindingryke muis deur die donker bos en ontdek wat gebeur wanneer hy ’n vos, ’n uil én ’n honger goorgomgaai raakloop …

 

 

6 in stock

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Description

AGTERGROND

“’n Muis gaan stap deur die donker bos.

’n Vos sien die muis en hy dink aan kos.”

Loop verder saam met die vindingryke muis deur die donker bos en ontdek wat gebeur wanneer hy ’n vos, ’n uil én ’n honger goorgomgaai raakloop …

Vandat Die goorgomgaai 20 jaar gelede die eerste keer as The Gruffalo verskyn het, het dit ’n internasionale klassieke kinderboek geword. Meer as 13,5 miljoen kopieë van die boek is wêreldwyd verkoop. Dit is in 76 tale wêreldwyd vertaal.

 

OOR DIE OUTEUR

Julia Donaldson is een van die top kinderboekskrywers wêreldwyd. Sy was die VK se “Children’s Laureate” van 2011–2013 en het al meer as 100 kinderboeke geskryf. Haar boeke het al verskeie pryse gewen, onder andere die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

 

OOR DIE ILLUSTREERDER

Axel Scheffler is ’n illustreerder van top internasionale kinderboeke. Sy illustrasies is in meer as 30 lande gepubliseer, en sy werk word wêreldwyd uitgestal. Hy is veral bekend vir The Gruffalo en Zog and the flying doctors. Hy woon in Londen, Engeland.

 

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos (1939) is veral bekend as fotograaf, skrywer en digter. Hy doen baie rymvertalings en het heelwat lirieke vir animasieprogramme op TV geskryf. De Vos ontvang oor die jare klomp pryse vir sy skryfwerk, waarvan o.a. die Eugène Marais-prys vir Daar’s Bitterals in die Heuningwals (1989), die M.E.R-prys vir Moenie ’n mielie kielie nie (1996), asook internasionale pryse vir sy vertaalwerk. In 2015 ontvang hy die KykNet Fiësta Lewensbydraetoekenning vir musiek, letterkunde en woordkuns.

 

LESERSPROFIEL

4 – 8 jaar (kleuters, voorskool en jeug)

 

Additional information

Weight 0.5 kg
Dimensions 27.0 × 21.5 cm
Outeur

Julia Donaldson

Illustreerder

Axel Scheffler

Vertaler

Philip de Vos

Verskyningsdatum

Junie 2023

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-4853-1496-7

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die goorgomgaai”
Topverkoper!PRYSWENNER
Mandjie