Die gedierte in die gange

R295.00

BRITTANJE. DIE TOEKOMS. DIE JAAR 2120.

Londen lê in puin, die mense is honger en die hele koninkryk is in pikdonker gehul. Prins Albert, ’n tingerige boekwurm, het nog nooit die veiligheid van Buckingham-paleis verlaat nie. Maar nou gebeur daar vreemde dinge tussen die mure van die paleis – en Alfred se lewe gaan vir ewig verander. Snags dwaal daar iets gruweliks in die gange rond. Wanneer Alfred se geliefde ma, die koningin, na die Londense Tower weggesleep word, moet die seun al sy moed bymekaar skraap om op ’n epiese avontuur te gaan sodat hy haar – en die hele wêreld – kan red.

8 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

Betree die wêreld van David Walliams!

 

AGTERGROND

BRITTANJE. DIE TOEKOMS. DIE JAAR 2120.

Londen lê in puin, die mense is honger en die hele koninkryk is in pikdonker gehul. Prins Albert, ’n tingerige boekwurm, het nog nooit die veiligheid van Buckingham-paleis verlaat nie. Maar nou gebeur daar vreemde dinge tussen die mure van die paleis – en Alfred se lewe gaan vir ewig verander. Snags dwaal daar iets gruweliks in die gange rond. Wanneer Alfred se geliefde ma, die koningin, na die Londense Tower weggesleep word, moet die seun al sy moed bymekaar skraap om op ’n epiese avontuur te gaan sodat hy haar – en die hele wêreld – kan red. Reis vooruit in tyd en geniet hierdie fantastiese avontuur – ’n stories vol mites en legendes wat jou tot reg aan die boeiende einde vasgenael sal hou.

 

OOR DIE OUTEUR

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover meer as 25 miljoen eksemplare verkoop, en is sover in meer as 53 tale vertaal – Afrikaans ingesluit!

Mr Stink (Mnr Stink, 2016), The Boy in the Dress (wat in 2017 as Die seun in die rok by Protea verskyn), Gangsta Granny (Ouma is ’n kroek, 2015) en Billionaire Boy (Boudebiljoenêr, 2016) is aangepas vir Britse televisie. Ratburger (Rotburger, 2015) en Demon Dentist (Die tandeterroris, 2017) het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.

 

OOR DIE ILLUSTREERDERS

Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder wat bekend is vir titels soos Harry the Poisonous Centipede deur Lynne Reid Banks, en die Little Wolf-reeks deur Ian Whybrow.

 

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat, en in 2018 vir M.G. Leonard se Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het. Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater, Binnelanders en Suidooster.

 

LESERSPROFIEL

Voorskool, Jeug, Tiener

 

 

 

Addisionele Inligting

Gewig .500 kg
Mates 19.7 × 12.7 cm
Outeur

David Walliams

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Illustreerder

Tony Ross

Verskyningsdatum

Desember 2022

Aantal bladsye

464

Omslag

Sagteband

ISBN

978-1-4853-1186-7

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die gedierte in die gange" te beoordeel
Mandjie