Description
AGTERGROND
Kort nadat Gideon ’n baie groot eier onder sy ma se lieflingshoenderhen ontdek, begin hy vir ’n babadrakie sorg. Gideon neem sy ouerlike pligte baie ernstig op. Hy gee les in Hoe om ’n meisie bang te maak en Hoe om ’n ridder op te foeter. Maar die draak verlang na sy eie soort, en een dag verdwyn hy …
’n Fantastiese verhaal vol avontuur en ontdekkings, met pragtige verbeeldingryke illustrasies.
OOR DIE OUTEUR
M.P. Robertson is die skrywer en illustreerder van ’n hele paar bekroonde prenteboeke soos Seven Ways to Catch the Moon, The Sandcastle, Hieronymus Betts and his Unusual Pets en The Dragon Snatcher. Hy woon in Bradford-on-Avon, naby Bath, saam met sy lewensmaat Sophy Williams (ook ’n illustreerder) en hul twee seuns.
Ander Robertson-titels wat in Afrikaans beskikbaar is: Tobie Welgemoed en sy ongewone troetelgoed (Hieronymus Betts and his Unusual Pets) en Viskos (Food chain).
LESERSPROFIEL
Kleuters en voorskool (tot 8 jaar)
Reviews
There are no reviews yet.