Die boomhuis met 65 vloere

R250.00

Andy en Terry se fantastiese boomhuis het nou ’n verstommende 65 vloere, en een daarvan is Jill se eie troeteldiersalon waar sy al haar diertjies kan mooimaak! Die opwindende byvoegings tot die boomhuis sluit in: ’n kamer vol ontploffende oogballe, ’n suigstokkiewinkel, ’n dryfsandput, ’n mierplaas, en ’n kamer waar dit altyd jou verjaardag is (al is dit nie), ’n tydmasjien … en Boom-TV: ’n 24-uur nuussentrum wat jou op hoogte hou van al die boomhuisnuus, ander nuus en skinderstories!

14 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Ons vriende is in groot moeilikheid, want Inspekteur Borrelplastiek kom onverwags ’n besoek aflê om inspeksie te doen. En natuurlik het Andy en Terry hulle nie veel gestuur aan bouregulasies en permitte nie!

OOR DIE OUTEUR

Andy Griffiths is een van Australië se mees bekende kinderboekouteurs. Saam met sy vriend die illustreerder, Terry Denton het hulle talle suksesvolle reekse geskryf. Die veelbekroonde Boomhuis reeks is al in meer as dertig lande gepubliseer. Andy se boeke het die New York Times beste verkoperslys gehaal. Die boomhuis boeke het al talle kinderboekpryse gewen, onder andere die KOALA-prys en die Australiese Boekindustrieprys vir Jong Lesers.

LESERSPROFIEL

Kinders en tieners 6-10 jaar (voorskool en jeug)

Addisionele Inligting

Mates 19.7 × 13.0 cm
Outeur

Andy Griffiths

Illustreerder

Terry Denton

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Verskyningsdatum

Augustus 2021

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

384

ISBN

978-1-4853-1192-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die boomhuis met 65 vloere" te beoordeel
Mandjie