Die bok wat sy spring verloor het

R150.00

Wat is ’n springbok sonder sy spring? Net ’n … bok? Wanneer arme Springbok sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit weer op te spoor – met skreeusnaakse gevolge.’n Humoristiese en treffende storie oor dit wat jou spesiaal maak, en die krag van vriendskap.

Pragtige illustrasies deur Gwendolene van der Merwe dra by tot die vertel van die storie en sluit ook details in wat nie in die teks sigbaar is nie. Hierdie is ‘n eg Suid-Afrikaanse storie, soos weerspieël in die titel en dierekarakters.

4 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Wat is ’n springbok sonder sy spring? Net ’n … bok? Wanneer arme Springbok sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit weer op te spoor – met skreeusnaakse gevolge.’n Humoristiese en treffende storie oor dit wat jou spesiaal maak, en die krag van vriendskap.

Pragtige illustrasies deur Gwendolene van der Merwe dra by tot die vertel van die storie en sluit ook details in wat nie in die teks sigbaar is nie. Hierdie is ‘n eg Suid-Afrikaanse storie, soos weerspieël in die titel en dierekarakters.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Marleen Lammers is ’n vryskutskrywer met ’n passie vir kinderstories. Alhoewel sy oorspronklik van Nederland is, het sy die grootste deel van die afgelope dekade-en-’n-bietjie in verskeie Suid-Afrikaanse lande spandeer terwyl sy meestal in die niewinsgewende-sektor werk. Sy het haar eerste prenteboek in 2019 saam met Penguin Random House uitgegee, en die kinderliteratuurgogga het haar gebyt. Sy hoop om aan te hou om kinders deur stories te bekoor en sodoende ’n liefde vir boeke by hulle te kweek. Gwendolene van der Merwe woon in die Strand, Kaapstad. Ná haar honneurs in illustrasie het sy ook ’n BA-graad in visuele kommunikasieontwerp aan Stellenbosch Universiteit behaal. Sy is in 2017 as ’n opkomende kreatiewe kunstenaar herken by die Design Indaba. Haar gunstelingmediums is waterkleur, collage en digitaal. Sy put inspirasie uit kleintydherinneringe en drome.

 

LESERSPROFIEL

Kleuters en voorskool

Addisionele Inligting

Mates 28 × 21 cm
Outeur

Marleen Lammers

Illustreerder

Gwendolene van der Merwe

Verskyningsdatum

April 2022

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

23

ISBN

9781776353651

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die bok wat sy spring verloor het" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie