Afslag!

Die boekwinkel tussen die wolke

Original price was: R220.00.Current price is: R200.00.

Welkom by Kop In Die Wolke – Ella se gunstelingwinkel op aarde. ’n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur. Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en ’n klein bietjie na sweterige sokkies, as ons nou doodeerlik moet wees). En tussen die rakke wag ’n avontuur wat Ella se hele lewe gaan verander … as sy dapper genoeg is. Iemand probeer seker maak dat die boekwinkel finaal sy deure sluit, maar Ella en haar vriende gaan dit nie toelaat nie, nie eens as dit lewensgevaarlik raak nie. En wie weet, dalk kry hulle hulp uit ’n onverwagse oord – alle boekwinkels huisves mos ’n tikkie towerkrag …

5 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Jaco Jacobs is ’n bekroonde vertaler en skrywer. Sy skrywersloopbaan het al op skool begin, toe hy aan verskeie kompetisies vir aspirantskrywers deelgeneem en sy eerste stories in tydskrifte gepubliseer is. Tot op hede het Jaco al meer as 170 boeke vir kinders en jongmense gepubliseer, waaronder prenteboeke, kinderverse en niefiksie. Meer as eenmiljoen eksemplare van sy boeke is al verkoop en hy is tans een van die toperverkoperskrywers in Suid-Afrika. Daarby het hy al meer as 300 kinderboeke in Afrikaans vertaal. Jaco glo humor is ’n kernbestanddeel in enige prettige kinderboek en sy boeke word deur ’n sterk element van pret gekenmerk.

LESERSPROFIEL

Jeug

Addisionele Inligting

Mates 22.5 × 12.8 cm
Outeur

Jaco Jacobs

Illustreerder

Nadia du Plessis

Verskyningsdatum

Oktober 2021

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

232

ISBN

9781776250783

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die boekwinkel tussen die wolke" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie