Beskrywing
AGTERGROND
’n Treffende, veelvlakkige en humoristiese boek oor een van die natuur se grootste geskenke: die by.
Hoe lank is heuningbye al op aarde? Wat is die rol van die koninginby en haar onderdane, en hoe maak bye die sidderdans? Wat doen die byeboer – die landheer van die byekolonie – en watter toerusting het hy nodig? Is bye werklik in gevaar en wat kan ons doen om hulle te beskerm?
Hierdie korf van ’n boek beantwoord hierdie vrae en nog baie ander met indrukwekkende illustrasies in groot formaat. Piotr Socha volg die geskiedenis van bye van antieke tye tot vandag. Dit gons van informasie oor die besige by-familie wat saam ’n georganiseerde samelewing vorm waarin elke lid ’n spesifieke rol het en die belang van bye en hulle kosbare heuning in die geskiedenis en in die res van die natuurlike wêreld.
Vertaalregte vir Bye is aan meer as 30 lande verkoop en die boek het internasionaal baie toekennings gewen. Die Poolse uitgawe het gewen: Die mooiste boek van 2015, Polish Association of Book Publishers, die Łódź Design Festival MUST HAVE-toekenning. In Duitsland: die White Ravens-toekenning, die wetenskaplike boek van die jaar in Duitsland, 2017, toegeken deur die Oostenrykse Departement van wetenskap, navorsing ek ekonomie, die Leipziger Lesekompass, 2017, die Kindersach-boekprys, die Deutscher Jugendliteratur Preis 2017. In Estonia: Die Estonian Writers Award, 2017, die Swedish Meal Academy-prys die Estonian section of IBBY, babel tower-toekenning, 2017 en die VK: die Society of Authors Educational Writers Award.
OOR DIE SKRYWER EN ILLUSTREERDER
Wojciech Grajkowski is ’n bioloog en het reeds meermale vir kinders oor wetenskap en die natuur geskryf.
Piotr Socha is ’n grafiese ontwerper en illustreerder. Hy het in Warskou by die Akademie van Beeldende Kunste, Fakulteit Grafiese Kunste studeer. Hy is een van Pole se mees populêre strokiesprentkunstenaars, bekend vir sy humoristiese tekeninge in prominente Poolse tydskrifte en koerante.
LESERSPROFIEL
Vanaf 7 jaar oud tot 99 jaar oud
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.