Beskrywing
AGTERGROND
’n Groot, pragtig-geïllustreerde boek oor een van die natuur se grootste geskenke: die boom.
Wat is die hoogste boom in die wêreld? Hoe lank bestaan bome al en hoe oud kan hulle word? Waar kan jy in ’n boomhuis-hotel woon? En hoe kan ons seker maak dat bome vir toekomstige generasies gaan voortbestaan? Hierdie ensiklopediese prenteboek beantwoord hierdie vrae en veel meer, met treffende illustrasies en talle interessanthede om op elke bladsy te ontdek. Piotr Socha en Wojciech Grajkowski gaan die geskiedenis van bome na, vanaf antieke tye tot vandag en ondersoek die rol wat bome gespeel het in geskiedenis, mites en legendes en biologie.
Bome is vertaal in meer as 25 tale regoor die wêreld en het in aanmerking gekom vir die volgende pryse:
- in 2018 gekortlys vir die prys “Przecinek i kropka” (punt en komma), georganiseer deur die Poolse boekketting EMPIK.
- in 2018 genomineer in die kategorie mooiste boek van 2018 van die Poolse Assosiasie van Uitgewers.
- wen die hoofprys in die boekblogger-kompetisie LOKOMOTYWA – in twee kategorieë “Van A tot Z” en “Feite”.
- wen die hoofprys in die publieke stemming van “Ekologiese Straat” vir die beste kinderboek.
- is gekies as Kinderboek van die week deur die Britse The Times Magazine.
OOR DIE SKRYWER EN ILLUSTREERDER
Wojciech Grajkowski is ’n bioloog en het reeds meermale vir kinders oor wetenskap en die natuur geskryf.
Piotr Socha is ’n grafiese ontwerper en illustreerder. Hy het in Warskou by die Akademie van Beeldende Kunste, Fakulteit Grafiese Kunste studeer. Hy is een van Pole se mees populêre strokiesprentkunstenaars, bekend vir sy humoristiese tekeninge in prominente Poolse tydskrifte en koerante.
LESERSPROFIEL
Vanaf 7 jaar oud tot 99 jaar oud
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.