Die beste storieboek ooit

R295.00

Hierdie boek is ’n versameling boeiende stories en rympies wat die gevierde kinderboekillustreerder Richard Scarry se immergewilde dierekaraktertjies insluit.

 

20 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Hierdie boek is ’n versameling boeiende stories en rympies wat die gevierde kinderboekillustreerder Richard Scarry se immergewilde dierekaraktertjies insluit. Die vrolike verhale en prettige illustrasies maak dit die beste storieboek ooit …

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Richard McClure Scarry (1919–1994) was ’n wêreldbekende en gewilde Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan daar 300 miljoen eksemplare verkoop het. Scarry is gebore in Boston, Massachusetts. Ná skool het hy studeer aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Wêreldoorlog en ná die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy sy suksesvolle loopbaan as illustreerder van stapel gestuur het.

OOR DIE VERTALERS

Daniel Hugo is ’n voltydse vertaler, skrywer en redigeerder. Hy is ’n gerekende digter met 14 poësiebundels op sy kerfstok. In 2014 ontvang hy die Akademie vir Wetenskap en Kuns se prys vir die vertaling van Sprakeloos (2011) van Tom Lanoye.

Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het al meer as 40 kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.

LESERSPROFIEL

Kleuter, voorskool en jeug

 

Addisionele Inligting

Gewig 1.1 kg
Mates 25.7 × 18 cm
Outeur

Richard Scarry

Vertaler

Daniël Hugo
Shané Kleyn

Illustreerder

Richard Scarry

Aantal bladsye

250

Verskyningsdatum

Maart 2021

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-542-7

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die beste storieboek ooit" te beoordeel
Mandjie