Die beste rympies ooit

R185.00

Richard Scarry is wêreldwyd een van die gewildste illustreerders van kinderboeke. In hierdie versameling verras hy met ’n sprankelende kyk op vyftig klassieke kleuterryme.

10 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Richard Scarry is wêreldwyd een van die gewildste illustreerders van kinderboeke. In hierdie versameling verras hy met ’n sprankelende kyk op vyftig klassieke kleuterryme. Daniel Hugo se vertalings van ou bekendes soos “Little Miss Muffet”, “Simple Simon”, “Old Mother Hubbard” en “Georgie Porgie” gee hulle ’n onverwagse nuwe lewe in Afrikaans.

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Richard McClure Scarry (1919–1994) was ’n wêreldbekende en gewilde Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan daar 300 miljoen eksemplare verkoop het. Scarry is gebore in Boston, Massachusetts. Ná skool het hy studeer aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Wêreldoorlog en ná die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy sy suksesvolle loopbaan as illustreerder van stapel gestuur het.

OOR DIE VERTALER

Daniel Hugo is ’n voltydse vertaler, skrywer en redigeerder. Hy is ’n gerekende digter met 14 poësiebundels op sy kerfstok. In 2014 ontvang hy die Akademie vir Wetenskap en Kuns se prys vir die vertaling van Sprakeloos (2011) van Tom Lanoye.

LESERSPROFIEL

Baba, kleuter, voorskool en jeug

Addisionele Inligting

Gewig .675 kg
Mates 29 × 25.5 cm
Outeur

Richard Scarry

Vertaler

Daniël Hugo

Illustreerder

Richard Scarry

Aantal bladsye

94

Verskyningsdatum

Augustus 2017

Omslag

Hardeband

ISBN

978-1-86919-317-1

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die beste rympies ooit" te beoordeel
Mandjie