Die beroemde vyf: Vyf op ’n skateiland (1)

R210.00

“Daar is iets anders daar doer in die see,
daar ver by die rotse – iets donker en groot wat lyk
of dit elke nou en dan slingerend deur die branders
breek – en dan weer terugval. Wat sou dit wees?”

Julian, Dick en Anne bring die vakansie saam met hulle niggie George en haar hond Timothy deur. Terwyl hulle Kirrin-eiland verken, ontdek hulle iets opwindends wat hulle tot diep in die kerkers onder Kirrin-kasteel lei. Wie – en wat – wag daar op hulle?

Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik. 

6 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

MEER OOR DIE OUTEUR 

Enid Blyton is een van die gewildste en mees vertaalde kinderboekskrywers van alle tye. Meer as 500 miljoen eksemplare van haar boeke is al wêreldwyd verkoop. Enid was versot daarop om vir kinders te skryf. Sy het meer as 600 boeke en honderde kortverhale geskryf. Die Beroemde vyf-reeks (oftewel The Famous Five), vandag al 75 jaar oud, is die heel gewildste.

MEER OOR DIE ILLUSTREERDER

Laura Ellen Anderson is ’n kinderboekskrywer en -illustreerder en woon in Noord-Londen. Laura se eerste prenteboek vir kinders, I Don’t Want Curly Hair, het in 2017 by Bloomsbury verskyn. Haar geïllustreerde kinderfiksiereeks, Amelia Fang, is al in meer as 20 tale wêreldwyd vertaal. 

MEER OOR DIE VERTALER

Amelia de Vaal het Europese Tale en Joernalistiek studeer en werk al sedert 2007 by Protea Boekhuis as redakteur en vertaler van Engelse, Duitse en Nederlandse boeke. Die Afrikaanse vertaling van die klassieke boeke Die lewe en werke van kabouters en Die oproep van die kabouters wat in 2010 by Protea Boekhuis verskyn het, was een van haar gunstelingprojekte. Sy woon tans in Portland, Oregon, in die VSA.

LESERSPROFIEL

Jeug (ouer)

Addisionele Inligting

Mates 19.8 × 12.9 cm
Outeur

Enid Blyton

Illustreerder

Laura Ellen Anderson

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Oktober 2022

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

192

ISBN

978-1-4853-1272-7

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Die beroemde vyf: Vyf op ’n skateiland (1)" te beoordeel
Mandjie