Coucou, Lulu

R170.00

Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer!

Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry – maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy gemaak het, raak weg en arriveer nooit in Parys nie! Lulu en haar vriende en familie moet inderhaas ’n plan maak, maar Lulu is op die punt om moed op te gee. Kan sy nog ’n suksesvolle modevertoning doen en haar drome laat waar word?

 

5 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Drome word waar in dié titel van hierdie gewilde meisiereeks! Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer!

Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry – maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy gemaak het, raak weg en arriveer nooit in Parys nie! Lulu en haar vriende en familie moet inderhaas ’n plan maak, maar Lulu is op die punt om moed op te gee. Kan sy nog ’n suksesvolle modevertoning doen en haar drome laat waar word?

 

OOR DIE OUTEUR

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 gebore in Welkom, en hy het ook daar skoolgegaan. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld. Daarna volg twee jaar nasionale diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds werk by Sanlam. Hy skryf in dié tyd in vir ‘n deeltydse kursus in Grafiese Ontwerp. Hy behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ‘n BA-graad in Sosiale Wetenskappe aan Unisa.

Fanie het reeds aan verskeie kunsuitstallings deelgeneem in Welkom, Bloemfontein en Kaapstad. Van sy skilderye het ‘n tuiste gevind in Amerika, Australië, Kanada en Brittanje. Sy eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies in tydskrifte en boeke gevolg. Van sy kinder- en jeugverhale is met verskeie toekennings bekroon. Fanie Viljoen woon tans in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.

 

LESERSPROFIEL

Jeug (jonger)

Addisionele Inligting

Outeur

Fanie Viljoen

Illustreerder

Elsbeth Eksteen

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

Februarie 2021

Aantal bladsye

80

ISBN

9780639600765

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Coucou, Lulu" te beoordeel
Mandjie