Clemens die kat

R100.00

’n Storie oor gewildheid, groepsdruk, selfvertroue en ware geluk.

7 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Natuurlik wil ons almal graag gewild wees. Maar Clemens die kat wil regtig hê ALMAL moet van hom hou – en daarom is dit vir die ander diere op die werf kinderspeletjies om hom met flikflooiery en komplimente ’n gat in die kop te praat. Clemens doen alles om hulle guns te wen … maar teen watter prys?

’n Storie oor gewildheid, groepsdruk, selfvertroue en ware geluk.

 

OOR DIE OUTEUR

Max Bolliger (1929-2013) se kinderverhale, wat al in verskeie tale
vertaal is, het hom een van die suksesvolste Switserse kinderboekouteurs
van alle tye gemaak. Hy is onder meer bekroon met die
Deutscher Jugendliteraturpreis, die Nederlandse Silwer Griffel en ’n
eredoktorsgraad van die Universiteit van Zürich. Verhale van Bolliger
wat in Afrikaans gepubliseer is, sluit in: Die mooiste lied, Daniël,
Die reuse se fees
en Die ontevrede prinsie.

 

ILLUSTREERDER

Jürg Obrist het homself as retoesjeerder sowel as fotograaf gekwalifiseer aan die Zürichse Universiteit vir Beeldende Kuns (Züricher Schule für Gestaltung). In 1976 is hy na die Verenigde State van Amerika, waar hy in New York as illustreerder gewerk het en veral betrokke was by prenteboeke vir verskeie Amerikaanse uitgewers. Ná sy terugkeer na Switserland het Obrist hom in Zürich gevestig as vryskutillustreeder en skrywer. Jürg Obrist se grafiese werk bestaan hoofsaaklik uit illustrasies vir prenteboeke, maar hy is ook bekend vir ‘n suksesvolle reeks speurverhale vir kinders.

 

LESERSPROFIEL

Kinders 3-7 jaar (kleuters, voorskool en jeug)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 28.5 × 21.5 cm
Outeur

Max Bolliger

Illustreerder

Jürg Obrist

Vertaler

Amelia de Vaal

Verskyningsdatum

Mei 2017

Omslag

Hardeband

Aantal bladsye

32

ISBN

978-1-4853-0719-8

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Clemens die kat" te beoordeel
Mandjie