Beskrywing
AGTERGROND
Die Bullebakke wil steeds helde wees, maar hierdie keer bevind hulle hulself in ’n penarie. Hulle het met die verkeerde marmotjie gemors! Hoe gaan hulle uit ’n REGTE BULLEBAK se kloue ontsnap? As hulle net kan saamwerk en ophou om mekaar te wil probeer eet! Boonop agtervolg ’n geheime ninja hulle …
OOR DIE OUTEUR
Aaron Blabey is van Australië en is die skrywer en illustreerder van ’n hele klomp populêre kinderboeke, onder andere twee topverkoperreekse, Pig the Pug en Bad Guys. Albei dié reekse is reeds in baie tale vertaal en in meer as 25 lande uitgegee. Aaron het ’n stapel vol pryse ingepalm, o.a. die INDIE Book Award for Children’s Book of the Year, Book of the Year-toekenning, twee Australian Book Design-toekennings, vier KOALA-toekennings en hy hou die titel van Australiese Literatuurambassadeur. Hy woon in Sydney.
LESERSPROFIEL
Jong jeug
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.