Description
AGTERGROND
Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die Koen-tweeling maak hom bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit bang hoef te wees as Jesus by hom is nie. Ben ontdek dat daar ander maniere is om boelies te hanteer. Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensitiewe tema van boelies, veral by skole, en is gebaseer op haar baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.
Die boek is met ‘n ATKV-Woordveertjie bekroon.
OOR DIE OUTEUR
Zuléka Smit is ’n 39-jarige lief-vir-die-lewe-kindertuin-onderwyseres en motiveringspreker met ’n passie vir jongmense en skryf. Gebore in Kroonstad, maar geswore Bolander wat haar matriek aan die Hoerskool Albertinia voltooi het, het Zuléka na skool haar B.Ed onderwysgraad cum laude aan die Kaapse Technikon Wellington Kampus behaal. Sy begin haar loopbaan by Klein Boishaai in die Paarl waar sy reeds die afgelope 15 haar lewe wei om klein mensies voor te berei vir die lewe en stewig fondasie te lê in hul lewens. Sy is tans voltyds ook koshuismoeder by ’n hoërskool waar sy haar passie vir die opvoeding en leiding van jongmense verder uitleef. Zuléka is by uitstek ’n familiemens en is getroud met Johan. Hulle het 2 pragtige kinders Karli en Heini.
LESERSPROFIEL
Kleuters en voorskool
Reviews
There are no reviews yet.