Description
AGTERGROND
Bazoo se groot storieboeke is gemik op 2- tot 7-jariges, met pragtige volblad-illustrasies wat die brugbouer word tussen die aanleer van letters en klanke (oppervlakstruktuur) en lees met begrip (diepte struktuur) vir jong ontluikende lesers! Fred Mouton & Theodore Key se groot illustrasies trek kinders op atmosfeerryke wyse by Bazoo se wêreld in en skep ‘n sensitiwiteit vir fyn luister, dink en voel. Met opvoedertwiets onderaan elke bladsy om denkvaardighede (o.a. vraagstelling, visualisering, konneksies & afleidings maak, ens.) te help ontwikkel terwyl ons lees.
Bazoo, die vriendelike bergskilpad, wil ‘n liefde vir taal en lees by die kleinspan kweek en wanneer kinders geniet waarmee hulle besig is, vind leer mos spontaan plaas!
Plek vir ‘n muis: Bazoo en sy muismaats baljaar in die winterson. Hulle speel so lekker dat hulle nie die koue winterstorm sien naderkruip nie!
Hierdie is ‘n REUSEBOEK (wat dit nog meer opwindend maak)!
(Voorlees en leer lees)
Kyk ook:
- 25 x Luisterstories voorgelees deur Deon Lotz ( https://distrokid.com/hyperfollow/bazoostories/bazoo-se-fynbosbuurt-avonture )
- Bazoo se Lees-liedjie & die Bazoomba om litte los te maak (https://distrokid.com/hyperfollow/bazoo2/bazoo-songs)
LESERSPROFIEL
2 – 7 jariges
Reviews
There are no reviews yet.