Description
AGTERGROND
Avontuurland is ‘n pragtige kinderboek met bekende en onbekende stories, en pragtige illustrasies, uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner.
Dit is lekkerlees-stories vir voorlees aan jong kinders en selflees deur kinders in graad 3 en hoër, en is daarop gemik om die verbeeldingswêreld en avontuurlus van die jong kind te prikkel.
Ook beskikbaar in die reeks: Kammaland, Kinderland, Storieland en Kleuterland. (Sien “bundels” om te spaar!)
OOR DIE ILLUSTREERDER
Die kleurvolle illustrasies is deur Chris Venter wat al ‘n ATKV-Kinderboektoekenning gewen het vir sy werk, gedoen
OOR DIE OUTEUR
Helena J. F. Lochner, die bekende skrywer van kinderboeke, gebore in 1892 en die grootste gedeelte van haar lewe ’n onderwyseres, is reeds in 1951 oorlede. Danie Botha het by geleentheid na haar verwys as “Afrikaans se Hans Christian Andersen”.
LESERSPROFIEL
Voorskool en jeug
Reviews
There are no reviews yet.