Afslag!

Asterix in Britannië (8)

Original price was: R190.00.Current price is: R150.00.

Asterix in Britannië is die 8ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

8 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Britannië is in die mag van die Romeine, maar een dorpie bied nog dapper weerstand. Hulle posisie is egter benard. Een van die Britte, Sturefax, is ’n kleinneef van Asterix en hy reis Gallië toe om hulp te vra. Asterix en Obelix is natuurlik gretig om te help en hulle reis met ’n vaatjie vol van Kasterolix se brousel saam met Sturefax na Britannië. Hulle trotseer mis, reën, lou garsbier en gekookte wildevark met kruisementsous. Ongelukkig verloor hulle die vat met towerdoepa en dit is ’n stryd teen die Romeinse goewerneur Cosus Oppiprimus oor wie eerste die vat in die hande gaan kry …

 Asterix in Britannië is die agtste boek in die gewilde Asterix-reeks.

 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Alberto Aleandro Uderzo was ‘n strokiesprentkunstenaar en mede-skepper van Asterix. Hy is in 2020 oorlede. Sy ouers was Italiaans. Hy en sy vriend René Goscinny het in 1959 met die Asterix reeks begin. Goscinny het die stories geskryf en Uderzo het die tekenwerk gedoen. Na Goscinny se afsterwe in 1977 het Uderzo ook die skryfwerk behartig. Oor die 370 miljoen Asterix-boeke is reeds verkoop. Uderzo het reeds op 14 begin om spotprentsketse te teken, wat gereeld in publikasies verskyn het.

 

LESERSPROFIEL

10+ jaar (jeug en tiener)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.5 × 28.0 cm
Outeur

René Goscinny

Vertaler

Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Illustreerder

Albert Uderzo

Verskyningsdatum

Oktober 2014

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

48

ISBN

978-1-4853-0081-6

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Asterix in Britannië (8)" te beoordeel
Mandjie