Afslag!

Asterix en die Speelplek van die Gode (17)

Original price was: R190.00.Current price is: R150.00.

Asterix en die Speelplek van die Gode is die 17de boek in die gewilde Asterix-reeks.

12 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Julius Caesar is vasbeslote om Asterix-hulle se woud te ontbos en te omskep in ’n moderne woonkompleks vir die Romeine met die naam die Speelplek van die Gode. Cosinus is die talentvolle jong argitek wat die projek onderneem en hy dryf die slawe om die bome uit te trek en te begin bou. Eers probeer Asterix-hulle die bouproses verhinder, maar besef dat die slawe benadeel word. Die Speelplek van die Gode word gebou en die Romeine trek in. Hoe gaan die Galliërs hul geliefde woud met wildevarke terugkry?

 

Asterix en die Speelplek van die Gode is die sewentiende boek in die gewilde Asterix-reeks.

 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Alberto Aleandro Uderzo was ‘n strokiesprentkunstenaar en mede-skepper van Asterix. Hy is in 2020 oorlede. Sy ouers was Italiaans. Hy en sy vriend René Goscinny het in 1959 met die Asterix reeks begin. Goscinny het die stories geskryf en Uderzo het die tekenwerk gedoen. Na Goscinny se afsterwe in 1977 het Uderzo ook die skryfwerk behartig. Oor die 370 miljoen Asterix-boeke is reeds verkoop. Uderzo het reeds op 14 begin om spotprentsketse te teken, wat gereeld in publikasies verskyn het.

 

LESERSPROFIEL

10+ jaar (jeug en tiener)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.5 × 28.0 cm
Outeur

René Goscinny

Vertaler

Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Illustreerder

Albert Uderzo

Verskyningsdatum

Augustus 2015

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

48

ISBN

978-1-4853-0187-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Asterix en die Speelplek van die Gode (17)" te beoordeel
Mandjie