Afslag!

Asterix en die hoofman se skild (11)

Original price was: R190.00.Current price is: R150.00.

Asterix en die hoofman se skild is die 11de boek in die gewilde Asterix-reeks.

13 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Jare gelede is Vercingetorix by Alesia verslaan en Gallië is amptelik oorwin … ’n teer onderwerp waaroor die Alesiërs (of sal ons sê Alesjiërs) nie graag praat nie. Tydens hierdie oorwinning het Vercingetorix sy skild aan Caesar se voete neergewerp (letterlik), en sedertdien is dit nooit weer gesien nie … En word dit dus ’n gesogte voorwerp waarna nie net Caesar nie, maar ook ons Galliese helde soek. Hulle soektog neem hulle na interessante plekke en elkeen het ’n storie om te vertel oor wat van die beroemde skild geword het. Hul begin te wonder of hul ooit in die regte hoop houtskool soek! Dalk is die skild nie so vêr weg van hulle soos hulle dink nie …

Asterix en die hoofman se skild is die elfde boek in die gewilde Asterix-reeks.

 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Alberto Aleandro Uderzo was ‘n strokiesprentkunstenaar en mede-skepper van Asterix. Hy is in 2020 oorlede. Sy ouers was Italiaans. Hy en sy vriend René Goscinny het in 1959 met die Asterix reeks begin. Goscinny het die stories geskryf en Uderzo het die tekenwerk gedoen. Na Goscinny se afsterwe in 1977 het Uderzo ook die skryfwerk behartig. Oor die 370 miljoen Asterix-boeke is reeds verkoop. Uderzo het reeds op 14 begin om spotprentsketse te teken, wat gereeld in publikasies verskyn het.

 

LESERSPROFIEL

10+ jaar (jeug en tiener)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.5 × 28.0 cm
Outeur

René Goscinny

Vertaler

Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Illustreerder

Albert Uderzo

Verskyningsdatum

April 2016

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

48

ISBN

978-1-4853-0084-7

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Asterix en die hoofman se skild (11)" te beoordeel
Mandjie