Afslag!

Asterix en die groot geveg (7)

Original price was: R190.00.Current price is: R150.00.

Asterix en die groot geveg is die 7de boek in die gewilde Asterix-reeks.

9 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Die Galliese hoofman Disvimygrix omhels die Romeinse kultuur met groot entoesiasme. Die Romeine sien dit as ’n gulde geleentheid en plant by hom ’n idee: Hulle vra hom om die Galliese hoofman Allamapstix uit tot ’n stamhoofgeveg. Die hoofman wat wen, neem beheer oor die ander stam. Gewoonlik sou Disvimygrix nie waag om Allamapstix uit te daag nie, maar die druïde, Kasterolix, is buite aksie. Obelix het hom raakgegooi met ’n menhir. Nou kan Kasterolix nie onthou hoe om die towerbrousel te maak wat hulle onoorwinlik maak nie. Daar is ’n groot kans dat Disvimygrix die groot stamhoofgeveg sal wen en beheer van Asterix se stam sal neem …

Asterix en die groot geveg is die sewende boek in die gewilde Asterix-reeks.

 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Alberto Aleandro Uderzo was ‘n strokiesprentkunstenaar en mede-skepper van Asterix. Hy is in 2020 oorlede. Sy ouers was Italiaans. Hy en sy vriend René Goscinny het in 1959 met die Asterix reeks begin. Goscinny het die stories geskryf en Uderzo het die tekenwerk gedoen. Na Goscinny se afsterwe in 1977 het Uderzo ook die skryfwerk behartig. Oor die 370 miljoen Asterix-boeke is reeds verkoop. Uderzo het reeds op 14 begin om spotprentsketse te teken, wat gereeld in publikasies verskyn het.

 

LESERSPROFIEL

10+ jaar (jeug en tiener)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.5 × 28.0 cm
Outeur

René Goscinny

Vertaler

Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Illustreerder

Albert Uderzo

Verskyningsdatum

Oktober 2014

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

48

ISBN

978-1-4853-0080-9

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Asterix en die groot geveg (7)" te beoordeel
Mandjie