Afslag!

Asterix en die feesmaaltyd (5)

Original price was: R190.00.Current price is: R150.00.

Asterix en die feesmaaltyd is die 5de boek in die gewilde Asterix-reeks.

9 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Die Romeine rig ’n reuseheining op om die klein Galliese dorpie waarin Asterix en Obelix woon, af te kamp van die res van Gallië. Asterix gaan ’n weddenskap aan dat hy en Obelix die ganse Gallië sal toer en delikatessen uit dorpe sal saambring as bewys dat geen Romein hulle kan afsonder nie!

Asterix en die feesmaaltyd is die vyfde boek in die gewilde Asterix-reeks.

 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Alberto Aleandro Uderzo was ‘n strokiesprentkunstenaar en mede-skepper van Asterix. Hy is in 2020 oorlede. Sy ouers was Italiaans. Hy en sy vriend René Goscinny het in 1959 met die Asterix reeks begin. Goscinny het die stories geskryf en Uderzo het die tekenwerk gedoen. Na Goscinny se afsterwe in 1977 het Uderzo ook die skryfwerk behartig. Oor die 370 miljoen Asterix-boeke is reeds verkoop. Uderzo het reeds op 14 begin om spotprentsketse te teken, wat gereeld in publikasies verskyn het.

 

LESERSPROFIEL

10+ jaar (jeug en tiener)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.5 × 28.0 cm
Outeur

René Goscinny

Vertaler

Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Illustreerder

Albert Uderzo

Verskyningsdatum

November 2013

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

48

ISBN

978-1-86919-799-5

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Asterix en die feesmaaltyd (5)" te beoordeel
Mandjie