Description
AGTERGROND
Caesar beskuldig Cleopatra daarvan daar haar volk agteruitgegaan het. Cleopatra is woedend, en beveel dadelik haar beste argitek om binne drie maande’n spoggerige nuwe paleis vir Caesar te bou. Om só ’n onmoontlike taak te verrig, benodig die argitek dringend die hulp van Kasterolix en sy towerkuns.
Asterix en Cleopatra is die sesde boek in die gewilde Asterix-reeks.
OOR DIE VERTALER
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Alberto Aleandro Uderzo was ‘n strokiesprentkunstenaar en mede-skepper van Asterix. Hy is in 2020 oorlede. Sy ouers was Italiaans. Hy en sy vriend René Goscinny het in 1959 met die Asterix reeks begin. Goscinny het die stories geskryf en Uderzo het die tekenwerk gedoen. Na Goscinny se afsterwe in 1977 het Uderzo ook die skryfwerk behartig. Oor die 370 miljoen Asterix-boeke is reeds verkoop. Uderzo het reeds op 14 begin om spotprentsketse te teken, wat gereeld in publikasies verskyn het.
LESERSPROFIEL
10+ jaar (jeug en tiener)
Reviews
There are no reviews yet.