Afslag!

Asterix die Galliër (1)

Original price was: R190.00.Current price is: R150.00.

Asterix die Galliër is die 1ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

9 in voorraad (kan steeds bestel word)

Beskrywing

AGTERGROND

Asterix die Galliër is die eerste boek in die gewilde Asterix-reeks. In Asterix die Galliër slaag ’n spioen om die Galliese dorpie waarin Asterix woon, binne te dring. Kasterolix, die druïde, word gevange geneem.

Verskeie boeke is in films verwerk, waarvan sommige animasierolprente was en ander werklike akteurs gebruik het.

 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Alberto Aleandro Uderzo was ‘n strokiesprentkunstenaar en mede-skepper van Asterix. Hy is in 2020 oorlede. Sy ouers was Italiaans. Hy en sy vriend René Goscinny het in 1959 met die Asterix reeks begin. Goscinny het die stories geskryf en Uderzo het die tekenwerk gedoen. Na Goscinny se afsterwe in 1977 het Uderzo ook die skryfwerk behartig. Oor die 370 miljoen Asterix-boeke is reeds verkoop. Uderzo het reeds op 14 begin om spotprentsketse te teken, wat gereeld in publikasies verskyn het.

 

LESERSPROFIEL

10+ jaar (jeug en tiener)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.5 × 28.0 cm
Outeur

René Goscinny

Vertaler

Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Illustreerder

Albert Uderzo

Verskyningsdatum

Julie 2015

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

48

ISBN

978-1-86919-795-7

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Asterix die Galliër (1)" te beoordeel
Mandjie