Asterix by die Pikte (35)

R150.00

Asterix by die Pikte is die 35ste boek in die gewilde Asterix-reeks

5 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Asterix en Obelix ontdek een bitter koue oggend ’n blok ys op die strand … met ’n bevrore Pikt binne-in. Kasterolix se doepa ruk hom weer reg en die twee vriende vergesel die Pikt, MacLawaai, terug Pikteland toe om hom met sy clan en sy verloofde te verenig. Maar in Pikteland is alles nie pluis nie. Die bose MacAber hou homself baas. Hy het ’n ooreenkoms gesluit met die Romeine, en doen alles in sy mag om as nuwe koning verkies te word. Maar ons vriende sal wel ’n stokkie (of ’n paal?) voor sy planne steek.

 

Asterix by die Pikte is die vyf-en-dertigste boek in die gewilde Asterix-reeks en verskyn vir die eerste keer wêreldwyd in vele tale in Oktober 2013.

 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

 

 

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.5 × 28.0 cm
Outeurs

René Goscinny/Jean-Yves Ferri

Vertaler

Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Ontwerpers/ Illustreerders

Albert Uderzo/Didier Conrad

Verskyningsdatum

Oktober 2013

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

48

ISBN

978-1-4853-0022-9

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Asterix by die Pikte (35)" te beoordeel
Mandjie