Afslag!

Asterix en die koperpot (13)

Original price was: R190.00.Current price is: R150.00.

Asterix en die koperpot is die 13de boek in die gewilde Asterix-reeks.

12 in voorraad

Beskrywing

AGTERGROND

Die Galliese stamhoof, Tweegesix, vra vir Allamapstix om sy koperpot vol geld te bewaar en uit die Romeine se hande te hou. Asterix hou wag by die pot, maar dit en die geld word gesteel. Asterix en Obelix moet nou maniere vind om geld in te bring sodat hulle die skade aan Tweegesix kan terugbetaal. Hulle doen enigiets: neem deel aan gladiatorkompetisies, is akteurs in ’n teaterproduksie en beroof selfs ’n bank! Sal hulle die geld kan terugbetaal en uitvind wie sit eintlik agter die kroekspul?

 

Asterix en die koperpot is die dertiende boek in die gewilde Asterix-reeks.

 

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

 

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

Alberto Aleandro Uderzo was ‘n strokiesprentkunstenaar en mede-skepper van Asterix. Hy is in 2020 oorlede. Sy ouers was Italiaans. Hy en sy vriend René Goscinny het in 1959 met die Asterix reeks begin. Goscinny het die stories geskryf en Uderzo het die tekenwerk gedoen. Na Goscinny se afsterwe in 1977 het Uderzo ook die skryfwerk behartig. Oor die 370 miljoen Asterix-boeke is reeds verkoop. Uderzo het reeds op 14 begin om spotprentsketse te teken, wat gereeld in publikasies verskyn het.

 

LESERSPROFIEL

10+ jaar (jeug en tiener)

Addisionele Inligting

Gewig 0.5 kg
Mates 21.5 × 28.0 cm
Outeur

René Goscinny

Vertaler

Sonya Van Schalkwyk-Barrois

Illustreerder

Albert Uderzo

Verskyningsdatum

Mei 2017

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

48

ISBN

978-1-4853-0428-9

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Asterix en die koperpot (13)" te beoordeel
Mandjie