’n Leer lees-reeks vir kinders wat graad 1 toe gaan. ’n Sistematiese benadering word gevolg. Die eerste 6 boekies handel elk oor ’n vokaal. Die skrif pas aan by wat in graad 1 aangeleer word. Speletjies, begripsvrae en rympatrone is ingesluit. (Rympatrone lê die fondasie vir lees en spelling.) Die illustrasies is gefokus op die Suid-Afrikaanse konteks en die teks is hoogs dekodeerbaar (bevat slegs klanke wat al aangeleer is, behalwe vir ’n paar sigwoorde soos “die” en “mooi”). Elke boekie is ongeveer 18 bladsye lank.
🎁 Feesseisoen-kennisgewing 🎁
KoueKoffieBoeke sluit van 19 Desember tot 4 Januarie.
Bestellings word nog tot 19 Desember versend. Alle bestellings wat tussen 20 Desember en 3 Januarie geplaas word, sal op 5 Januarie versend word.
Dankie vir julle volgehoue ondersteuning!
Geniet ’n magiese Feesseisoen! 🎄✨


