’n Versameling van Afrikaanse leesboekies wat kinders op ’n prettige manier leer lees. Die fokus is hoofsaaklik op die basiese klanke in Afrikaans. Elke boekie fokus op ’n ander klank. Daar is altesaam 20 leesboekies wat al die vokale, dubbelklanke en diftonge in Afrikaans behandel. Boeke is ingedeel volgens die kind se leesvaardigheid/-vlak. Elke boekie is ongeveer 20 bladsye lank.
🎁 Feesseisoen-kennisgewing 🎁
KoueKoffieBoeke sluit van 19 Desember tot 4 Januarie.
Bestellings word nog tot 19 Desember versend. Alle bestellings wat tussen 20 Desember en 3 Januarie geplaas word, sal op 5 Januarie versend word.
Dankie vir julle volgehoue ondersteuning!
Geniet ’n magiese Feesseisoen! 🎄✨




























