Wie is KoueKoffieBoeke?

KoueKoffieBoeke is die gevolg van ’n noue vriendskap, saamhuil en -lag oor die opwindende maar uitdagende reis van Ma-wees, vele koue koppies koffie, half-klaargemaakte gesprekke, kinderlike geloof en ’n gedeelde liefde vir boeke – en Afrikaans.

Direkteure & Mede-eienaars

Carla Lang, ma van drie woelige kinders, is ’n nie-praktiserende prokureur (BComRegte & LLB), ’n skrywer (#kouekoffie), rubriekskrywer (Netwerk24, LitNet & Facebook-blog – https://www.facebook.com/KoueKoffieMa/), vryskutredakteur (Sertifikaat in Afrikaanse Redigering en Proeflesing), en -artikelskrywer (LitNet). In totaal het sy meer as 10 jaar se ondervinding in die boekewêreld en uitgewery.  

“Ek het vanaf ek kan onthou ’n spesiale band met boeke. Voeg daarby my gróót liefde – my kinders, dan kry jy: rakke en rakke vol kinderboeke, wat maak dat ek en my kinders daagliks vele avonture beleef!”

Carmen Roux is ’n gekwalifiseerde Spraakterapeut (B. in Spraak-, Taal- en Gehoorterapie) met meer as 10 jaar se ondervinding. Sy is ma van twee jong kinders en is sedert 2020 voltyds tuis, waar taal en boeke steeds ’n groot rol in haar gesin se alledaagse lewe speel.

“Ek was nog altyd lief vir lees en nou dat ek weet hoe betekenisvol dit kan wees, kweek ek van kleins af ’n liefde vir boeke by my kinders. Ek hoop dat hulle, en soveel ander kinders, sal inkoop in die betowerende wêreld wat boeke kan bied.”

Pakhuisklerk

Simonne van Zyl het in 2022 gematrikuleer. Sy het ‘n jaarkurses in Skoonheid by Northlink College voltooi, en ook al in verkope en die wynbedryf gewerk.
Van haar kosbaarste herinneringe is hoe haar ma en ouma vir haar en haar tweelingsuster stories lees. “Ek kan onthou hoe ek altyd in my verbeelding die storie kon sien. Ek hou baie van kinders en kan maklik op hulle vlak kommunikeer. Die idee om deel te wees van ‘n wêreld waar kinders hulle verbeelding kan uitleef in stories maak my opgewonde.”

Onlangse Artikels

Instagram

Facebook

Instagram

Mandjie