Stuur gerus vir ons terugvoering oor jou ondervinding van ons diens:
Wat sê kliënte oor KoueKoffieBoeke se diens?
Uitstekende diens! Vinnig en professioneel! Hou baie van die verskeidenheid kinderboeke wat beskikbaar is.
Liezl
Ek is baie tevrede met die hele proses, die boekies het in ‘n puik kondisie by my aangekom. Die boekies is ideaal vir my kleindogter wat hierdie jaar in graad 1 is. Baie dankie.
Esmé Bodenstein
“Sal KoueKoffieBoeke defnitief aanbeveel! Maklike en moeitelose bestellingsproses. Die boeke het in rekordtyd aangekom, en supergoeie kwaliteit. Hulle bied ‘n groot verskeidenheid boeke en ek sien reeds uit na my volgende aankope!”
Izanne F
Wonderlike diens, het die boeke so gou ontvang. Mooi boeke. Dankie.
Juanita van Blerk
Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
Elsabé
Jul diens is uitstaande, dankie. Ons kan met groot gemoedsrus bestel en verseker wees als kom in ń puik toestand, afgelewer op ons voorstoep. Ouers, ouma’s en oupa’s, daar is ń groot keuse van boeke en ander dienste en goedere beskikbaar. Hier kan jy verseker wees jy kies reg!
L van Zyl-Nelson
Uitstekende en flink diens. Ek sal enige tyd weer by julle bestel en waardeer die moeite wat julle in jul bestellings insit. Baie dankie.
Izelle le Roux
Wonderlike diens! Baie dankie! My boek was in munt kondisie en baie mooi verpak om die boek te beskerm. Baie vinnige aflewering en ek was heeltyd in kennis gestel van hoe die proses verloop. Sal definitief weer bestel! |
Astri
Dankie vir julle wonderlike en vinnige diens. Die boeke is só oulik. Ek beplan reeds my volgende bestelling!
Cara
Dankie vir die boeke. Alles netjies verpak en toegedraai.