Stuur gerus vir ons terugvoering oor jou ondervinding van ons diens:
Wat sê kliënte oor KoueKoffieBoeke se diens?
Ek is baie tevrede met die hele proses, die boekies het in ‘n puik kondisie by my aangekom. Die boekies is ideaal vir my kleindogter wat hierdie jaar in graad 1 is. Baie dankie.
Esmé Bodenstein
Flink, voortreflik, goed deurdink; om elke mens so spesiaal te laat voel.
Elsabé
Dankie vir julle wonderlike en vinnige diens. Die boeke is só oulik. Ek beplan reeds my volgende bestelling!
Cara
Dankie vir die boeke. Alles netjies verpak en toegedraai.
Martisan T
Die boeke is baie oulik.
Maryna Slabbert
Pragtige boeke en vinnige aflewering. Definitief ‘n gunsteling-aanlynwinkel vir my.
Monique
Uitstekende diens! Vinnig en professioneel! Hou baie van die verskeidenheid kinderboeke wat beskikbaar is.
Liezl
Dit is die tweede keer dat ek boeke bestel by KoueKoffie Boeke en om die bestelling te plaas was maklik, aflewering was vinnig en die boeke uit die boonste rakke. Boeke vir alle ouderdomme beskikbaar en ‘n groot verskeidenheid! Baie dankie vir julle puik winkel.
Henda H.
Ek het binne ‘n week my bestelling ontvang! Baie dankie. Julle diens is puik en boeke se kwaliteit ook! Ons sal beslis gereeld bestel!
Derick
Ek is gaande oor die boekies wat ek gekoop het, veral die krabbelboek, ‘n absolute moet vir vervelige kinders wat van fone af gehou wil word. Die boek het ek eintlik vir myself aangeskaf, maar my kinders het dit gou hulle eie gemaak.

