Ons weet dat boeke vir verskeie redes wonderlik is โvan taalontwikkeling, geletterdheidsukses tot emosionele ontwikkeling en โn sterk band vorm met jou kind. Dit kan egter oorweldigend wees om in โn boekwinkel in te stap en te weet watter boeke om te kies (een rede hoekom ons hierdie webtuiste begin het ).
Die organisasie Nalibali gee diรฉ wenke vir wanneer jy wonder watter boek om te kies of koop. Sien ook ons aanbevelings in hakies vir gepaste boeke.
Gebruik jou huistaal
Boeke vir babas en voorskoolse kleuters behoort, sover moontlik, in hul huistaal te wees. Jy kan self boeke wat min woorde bevat vertaal indien dit nie in die taal wat jy soek beskikbaar is nie. Probeer ook vir ouer kinders boeke in hul huistaal kry, want boeke wat hulle in hul huistaal geniet, verdiep hulle waardering, kennis en die motivering om aan te hou lees.
{Sien vertalings van David Walliams se boeke vir ouer kinders}
Boeke vir babas en kleuters
Babas hou van helderkleurige prente of fotoโs van dinge of mense met eenvoudige teks. Hulle is mal daaroor om die ritmes van taal te ervaar en geniet herhalings en rym. Eerste boeke wat aksies soos handeklap en kopknikke insluit, is gewoonlik groot gunstelinge. Probeer karton- en materiaalboeke vind, want hulle kan gekou en getrek word sonder om uitmekaar te val!
{Sien โDie wiele van die busโ en โKlein wit vissieโ)
Ritme en rym
Jong kinders geniet helderkleurig geรฏllustreerde boeke met wiegeliedjies, woordspelings en rympies. Hulle hou ook van boeke waar die teks โn sterk ritme het, of waarin frases herhaal word.
{Sien rymvertalings van Julia Donaldson soos โDie knorrige kwรชvoรซlโ en โDie goorgomgaaiโ}
Prenteboeke
Woordlose boeke is โn uitstekende belegging, want dit gee jou die kans om die storie op jou eie manier aan die kinders te vertel en hulle kan ook hulle eie stories skep. Woordlose boeke is โn fantastiese hulpmiddel vir โn veeltalige situasie waar kinders en volwassenes verskillende tale praat.
{Kyk na โโNag in wemelstadโ en โDie geel ballonโ}
Nuut en bekend
Kies โn paar boeke wat dinge weerspieรซl wat vir jou kinders bekend is. Kies byvoorbeeld boeke waar die huise soos hulle sโn lyk en waar die storie hulle toelaat om alledaagse gebeure wat hulle ken of al teรซgekom het, te verken. Kies ook โn paar ander boeke wat hulle nuuskierigheid oor nuwe dinge en ondervindinge kan prikkel. Sommige hiervan kan volksverhale wees, of stories wat in verskillende plekke en kulture afspeel, of dit kan stories oor fantasie en towerwรชrelde wees.
{Sien โKerneels en die Krismisengelโ of โDie rooi rokโ}

Moedig kinders aan om verskillende boeke te probeer:
Skoolstories, ruimteverhale, stories oor familie en vriendskap, natuurverhale, geskiedkundige verhale en verhale oor helde, heldinne en groot avonturiers, avontuurverhale, fantasie, tower en speurverhale.
{Sien boeke soos die โRietrotte-reeksโ vir die jeug of โSoek die meerkat โ โn reis deur tydโ}
Boeke wat help met die uitdagings van die lewe
Prenteboeke en storieboeke oor dinge wat met jou kind gebeur het, of besig is om in hul lewens te gebeur โ soos โn nuwe boetie of sussie, egskeiding of probleme met vriendskappe โ kan kinders help om hulle gevoelens te verwerk en hulle vrese te besweer. Sekere boeke kan jou ook help om moeilike of sensitiewe onderwerpe, soos siekte en dood, op โn indirekte wyse aan te raak.
{โDirkie word ouboetโ en โWaar is oupa nou?โ}
Lees vir kennis
Kennisboeke is nie net vir ouer kinders geskik nie. Daar is baie toepaslike inligtingsboeke vir voorskoolse kinders beskikbaar. Feitelike boeke prikkel nuuskierigheid en โn belangstelling in ons natuurlike en fisiese wรชreld. Om die lewensverhale van mense wat betrokke by dinge soos die geskiedenis, politiek, kuns, teater, medisyne en wetenskap is te lees, kan baie motiverend wees vir jong mense wat wonder waaroor die lewe gaan. Hulle verbreed ook in die proses hulle kennis en begrip en leer hoe en waar om inligting te vind.
{Dink aan boeke soos โOntdek die diererykโ en โPlanetariumโ}
Boeke vervul sรณveel funksies. Daar is werklik iets vir elke kleur en geur. Ons hoop bogenoemde gaan dit so bietjie makliker maak as jy die volgende keer โn boek wil koop, of een geskenk wil gee (Kersfees is om die draai!). Meer as enige iets, kies โn boek wat jy ook sal geniet, want hopelik word hy voos geblaai!


