Fonologiese bewustheid is een van die belangrikste bepalers van leessukses โ maar wat is dit en hoe kan jy jou kind help om dit te ontwikkel?
ย
Fonologiese bewustheid is die begrip dat woorde uit individuele klanke (foneme) bestaan. Kinders wie hiervan bewus is kan klanke isoleer, klanke (in woorde) opbreek of bymekaarsit en klanke manipuleer om ander woorde te vorm.ย As ons van fonologiese bewustheid praat, verwys ons na ‘n ouditiewe leerproses, wat beteken dat ons slegs op die klanke wat ons hoor fokus, nie die gedrukte letters (grafeme) nie. ย
ย
Kinders wat in โn omgewing ryk aan taal grootword behoort oor die algemeen taal relatief vinnig te leer verstaan en gebruik omdat hierdie ontwikkeling deur ‘n mens se DNA bestuur word (Pourcain, 2014). Fonologiese bewustheid, aan die ander kant, verg heelwat toewyding en tyd, om te verseker dat kleuters lees- en skryfgereed is. ย
ย
Kinders se belangstelling moet vroeg reeds geprikkel word sodat hulle bewustelik kan begin aandag skenk aan die klanke wat binne woorde is. Dit verg baie blootstelling en oefening. Kinders so jonk soos 3 jaar kan reeds deelneem aan rymspeletjies en rym begin herken.ย
Hoe kan ek my voorskoolse kind help?ย
1. Stel jou kind vroeg bloot aan rym
– Luister en sing liedjies, veral kinderrympies (bv. Hompie Kedompie)
– Lees rymvertalingsย
– Maak lawwe rympies op (byvoorbeeld met hul naam)
ย
2. Speel met woorde en klanke
Begin eers met woorde en dan woorddele:ย
– Maak seker julle gesels oor wat โn woord en wat โn sin is
– Klap die woorde in โn sin (klap op elke woord) en tel dan later (bv. Ek is baie moeg โ klap, klap, klap, klap โฆ 4 woorde)ย
– Klap die klankgrepe in woorde en tel hoeveel klappe (bv. kro-ko-dil โฆ 3 klappe)ย
– Vergelyk kort en lang woorde (bv. โhondโ is 1 klap, teenoor re-no-ster – 3 klappe)ย
* Onthou daar is โn verskil tussen klankgrepe en lettergrepe (re-nos-ter)
– Laat iets weg: โSรช reรซnboog โฆ sรช dit weer, maar moenie reรซn sรช nie โฆ โboogโ)
ย
Beweeg dan na klanke:
Begin met die eerste klank in โn woord:
– Soek saam na goed in die vertrek wat byvoorbeeld met โn โsโ begin
– Gebruik blokkies om โn 3-letter woord uit te pak en wys na die ooreenstemmende blokkie soos jy die woord uitklank: Wat is die eerste klank wat jy hoor in s-o-n?โ Beklemtoon die eerste klank en blokkie as jou kind sukkel.
Doen dan dieselfde met eindklanke en daarna middelklanke.
ย
As jou kind die begin–, eind- en middelklank in โn 3-letter-woord kan isoleer, kan julle begin rondspeel en manipuleer:
– Breek woorde op in die eerste klank en die res van die woord, bv. s-on
– Breek kort woorde op deur die klanke baie stadig te sรช, bv. k-a-t, en vra jou kind om dit vinnig aanmekaar te sรช. As jou kind sukkel, gee โn keuse, bv. โSรช ek kat of pan?โ
– Laat jou kind nou bogenoemde doen en vir jou vra om โn woord vinnig te sรช; so sal hy/sy leer klank. Gebruik prentjies om idees van 3-letter–woorde te gee.
–ย Speel โn wegsteekspeletjie, bv. Jou boek is in jou t-a-s (maak beurte)
ย
Manipulasie van klanke:
Hierdie is โn baie belangrike voorgeletterdheidsvaardigheid.ย
– Begin deur die eerste klank in โn kort woord met โn ander klank te vervang (rym!), bv. โSรช /kat/: sรช dit weer maar maak die /k/ โn /m/ โฆ /mat/โ of vra: โWat is kat met โn /m/ vooraan?โ
– Doen dieselfde met eind- en middelklanke
ย
– Laat nou iets weg, bv. Sรช /vis/, maar moenie /v/ sรช nie โฆ โisโ
*As jou kind met enige van hierdie oefeninge sukkel, help deur visuele voorstellings vir klanke te gebruik soos blokkies of Smarties (haal dit dan visueel weg, of ruil om met โn ander kleur).ย
3. Maak hulle vroeg lief vir boeke en lees
– Maak lees โn roetine (bv. voor slaaptyd)
– Gesels oor die boek wat julle lees (bv. Waar is die voorblad? Waar staan die naam van die skrywer?)
– Stel โn voorbeeld van โn goeie leser
– Koop of leen boeke met onderwerpe waarin jou kind belangstel
Ouers kan ‘n groot rol speel in ‘n kind se taalontwikkeling.
Lekker lees!



