Meeste van ons het al meer as een maal gegradueer. Een keer vir onsself en een keer vir elke spruit.
Teen hierdie tyd behoort jy al βn PhD te hΓͺ in AmfibieΓ«, Kitskosrestaurante, Insekte, Die Ruimte en My Familiestamboom.
In laer grade het kinders tog hulp nodig met take. Dis hoe ons hulle voorberei om latere jare onafhanklik navorsing te kan doen en take te voltooi.
Maar β waar en wanneer trek mens die lyn? Moet mens baie help? Of net βn bietjie?
Sommige mammas bederf dit vir die res van ons wat net probeer om ons kinders aan die asemhaal te hou. DiΓ© wie se kinders blykbaar al in die baarmoeder die alfabet agteruit kon opsΓͺ en kort nΓ‘ geboorte volsinne gepraat het.
HΓΊlle wat met opgetrekte wenkbroue na jou kant toe loer wanneer jou kind met Pick n Pay-kolwyntjies by die skool opdaag vir haar klaspartytjie, in plaas van tuisgemaakte lean and organic, naturally-gluten-and-sugar-free-verversings.
Dis hulle wat handopsteek vir elke moontlike geleentheid om te skitter: vanaf die hoof van die toiletpapierkomitee, tot die daaglikse studente-high fiver.
Terwyl ons soos Superwoman voel omdat ons ons kind net-net betyds afgelaai het vir die skoolkonsert, het diΓ© mamma die hele konsert georkestreer en boonop al die eendjiekostuums self gemaak β dit kan selfs kwaak.
Hierdie oorpresterende mammas koop geskenke vir Juffrou, sommer net om haar te βblessβ. Maar nie net gewone geskenke nie. Lewensveranderende geskenke soos βn bootrit of βn Facebook-blad opgedra aan βJuffie van die Jaar β #blessed #superonnie #dankbaarβ.
En terwyl jou kinders verjaarsdagpartytjie hou deur mekaar met watergeweertjies nat te spuit en βHappy birthday to you β¦ you look like a monkey β¦β te sing, hou diΓ© ma vir haar kind βn partytjie gelykstaande aan die Royal Wedding.
Terwyl jy jou kind aanmoedig langs die D-span-rugbyveld waar hy meer geΓ―nteresseerd is daarin om die insekte in die gras te bestudeer as om die bal te jaag, staan A-Span-Mamma op die veld langsaan en gil en skree op die ander span se βWorst ref ever!β en dring daarop aan dat dit wel βn drie was wat haar graadeentjie gedruk het. Die arme kind lyk verward.
NΓ‘ die wedstryd moet Mamma en Pappa ook met die afrigter gesels, om te blom wanneer hy saamstem dat hul kind beslis Springbokspan-materiaal is. Hul reΓ«l sommer vir privaatoefening ook (wat hy iewers sal moet inpas tussen skool, vyf ander sporte, klavierlesse en ekstra kunsklasse).
Sulke maβs maak ons ander net plein moeg.
Om nie eens te praat van as dit kom by skooltake nie.
Jou kind moet (een van nog vele male wat sal volg) βn taak doen oor een of ander dier. βn Diere-uitstalling.
Hy kies βn geitjie.
Dit maak vir jou sin. Dis klein en lig en maklik om te vervoer. Dis tog nou nie asof jy jou 80 kg-Boerboel aan βn leiband kan saamstuur skool toe nie.
Jy google prentjies van geitjies, jou kind kies van watter hy hou en jy druk dit op jou swart-en-wit-drukker. Dis duur om iets in kleur te laat druk. Buitendien, jou kind kan dit mos sommer self inkleur?
Julle blaai deur feiteboeke en kom af op interessante inligting. Hy kies watter hy vir die klas wil vertel.
Hy voltooi die plakkaat self, soos hy wil. Jy help wel met spelling (sodat onder andere βakkedisseβ nie βakkiesβ-disse lees nie β alhoewel sy selfgetekende geitjies meer by diΓ© beskrywing pas) β en om die (skewe) hoekies van die prentjies beter vas te plak.
Julle spandeer die res van die naweek om βn geitjie in βn mayonnaise-fles te probeer vang. Maar teen die einde van die naweek is al wat julle kon vaskeer twee kokkerotte en βn vlieg.
Jy gee amper moed op en sΓͺ jou kind moet sy plastiekakkedis gaan uitstal (dis immers net βn graadtwee-taak), toe jy βn geitjie sien.
Al probleem is β dis dood.
Maar seer sekerlik is dit beter as niks en voldoende vir βn 7-jarige se taak?
Jou kind is baie in sy skik met jul vangs.
βEers gaan ons hom bad,β beveel hy.
βUhm β¦ goed dan β¦ Hoe?β vra jy skrikkerig en gaan skink eers βn glas wyn vir die okkasie.
βSΓ³,β sΓͺ jou kind toe jy terugkeer en tel versigtig die dooie geitjie met die een hand op en begin dit met die ander hand afspoel met water uit βn bakkie. βOukei, nou kan Mamma hom afdroog,β en hy oorhandig trots die dooie geitjie tesame met βn droΓ« waslap.
NΓ‘ jy βn groot sluk rooiwyn gevat het en toe DooieGeitjie stadig βafgedroogβ het, verklaar jou kind: βNou room.β
Jy kyk grootoog hoe die Epi-Max oorhandig word, ledig jou glas (en wens dit was groter), en begin dan met die bevogtigingsproses.
Maar terwyl jy besig is, val een poot af β en jy skrik so groot dat jy die arme ding op die grond gooi.
βMamma! Wat maak jy?!β
βEkβs so jammer, maar sy een been het afgeval!β
Jou kind bekyk die dooie geitjie; tel sy orige pote.
βDis oukei. Hy het nog drie oor,β verklaar hy dan en sit die nou driepotige-gediertetjie weer terug in die mayonnaise-fles, opgewonde om dit by die skool te gaan uitstal.
Behalwe dat jy gril vir die moontlike kieme wat so βn dooie ding kan hΓͺ, stink dit ook effens. Maar jy troos jouself daaraan dat die uitstalling die volgende dag is, en is trots op jouself dat jy net betyds βn geitjie kon vasstrek β Γ©n hom nog kon bederf met βn spa ook. Ma van die jaar!
Maar dan breek die volgende dag aan β en jy besef gou dat diΓ© geleentheid in βn ander liga is, en dat jy niΓ© Ma van die Jaar-toekenning gaan ontvang nie. Jou mond hang letterlik oop.
Jy stap deur die saal en bekyk die uitstallings.
Daar is diΓ© wat jy dink oulik is. βn Wurmpie in βn goggaboks; βn marmot wat op sy wieletjie hardloop …
Maar dan kom jy by dÑÑrdie maβs se uitstallings β skies, ek bedoel hulle kinders sβn: eksotiese skoenlappers uitgestal op natuurlike ingevoerde plantegroei; die wΓͺreld se raarste slang in βn glaskas so groot soos βn 10-sitplek-tafel; een of ander bedreigde, lewensgrootte skilpad waarvoor die ma die permit bekom het β spesiaal vir hierdie projek β¦
Waar jou kind se lyne op sy plakkaat skeef is, die paar woorde geskryf in sy eie onnet handskrif en hy dan nog boonop PokΓ©mon-karaktertjies rondom die krom-uitgeknipte prentjies geteken het, lyk hierdie kinders se plakkate soos iets uit Vogue-cum-National Geographic.
Gelamineerde, selfgeneemde fotoβs waar die kind βn dieretuin of slangpark besoek en die dier self vashou; βn lewensgrootte drie-dimensionele dinosourus gebou uit stokkies, βn uitnodiging om die kind se oom se leeuplaas te gaan besoek; βn broeikas met hoendereiers in waar jy kan staan en kyk hoe die nuwelinge onder die liggies uitbroei; βn foto waar βn kind, wat byna verdrink in βn pak klere, βn persoon se hand skud. Jy kan sweer dis die Minister van Bosbou en Visserye β¦
Daar is selfs βn petting zoo β geborg deur een van die paβs (dieselfde pa wie se kind O/8A-rugbykaptein is).
Jy gaan huis toe met βn Mislukking-van-die-jaar-Ma-gevoel.
Maar die middag nΓ‘ skool is jou kind in βn vrolike bui toe jy hom by sy klas gaan kry. Hy het 8/10 vir sy taak gekry.
Met die een oor hoor jy βn ma diep in gesprek met Juffrou: βMaar hoe kon hy net 9 kry? Weet Juffrou hoeveel hierdie taak my uit die sak gejaag het? En ek het nagte deurgewerk.β
Juffrou probeer verduidelik dat haar kind nie geweet het wie se hand hy skud op die foto nie. Blykblaar gedog dis βn All Blacks-rugbyspeler en het toe sommer sy weergawe van die Haka ook vir die klas gedoen.
En jy dink: Kinders bly maar net kinders. Ons as maβs kan so hard werk soos ons wil aan ons kinders se take β hulle sal altyd βn manier kry om dit hul eie te maak: of dit nou is om die klas te wys dat hy sy potlood op sy neus kan balanseer, of om homself te onderbreek om eers vir Juffrou van twee jaar gelede se seevakansie te vertel β¦
Jy kan om middernag al links begin skryf, net dat hy die volgende dag die helfte van die bladsye by die huis vergeet en dan sommer op die ingewing van die oomblik besluit om oor iets heeltemal anders mondeling te praat β¦
Dalk lΓͺ die antwoord in die middel?
Dis sekerlik belangrik om betrokke te wees in jou kind se skoollewe, maar terselfdertyd hom nie te kruppel om eendag op sy eie voete te staan nie.
En altyd in gedagte te hou: βn kind bly maar net kind.