Doen wat vir jΓ³ΓΊ werk
Op ‘n dag was Pops op my heup terwyl ek die leΓ« stootwaentjie in die nou winkelgang afstoot.
Natuurlik wil sy nie daarin sit nie, het dit weereens verniet saamgebring. Darem kan ek die swaar babasak daarin sit. (Skoon klere vir ingeval sy βn glipsie het; nekdoekie vir wanneer sy eet; tandesalf; doeke; melk; water; wet wipes; βn speelding; eetding; fopspeen; doeksakkie; warm top; doekruil-mat β die ellelange lys gaan aan. Vir myself β debietkaart, karsleutel en selfoon. Dis dit.)
Pops steek heeltyd haar handjie uit om aan alles te vat. So soos ons stap, stamp sy goed van die rakke af. Ek βskies, jammerβ al outomaties vir wie ook al naby staan en tel op, probeer dan weer aanbeweeg. En dis nou ook nie asof die stootwaentjie dit makliker maak nie. Ek loop kort-kort in iets vas wat uitstaan en dan moet ek weer maneuver om Γ³m dit te kom. Intussen hou ek heeltyd βn oog op die babasak. Bang dit word gesteel.
Ek is nog nie halfpad nie toe Pops onrustig word.
Iets om aan te kou. Dit sal help.
Ek sit Pops vinnig neer en begin soek na die kosblik. Ek loer na haar toe ek hoor hoe sy neul, praat met haar terwyl ek soek: βMamma kry gou vir jou iets om te eet. Hou net aan. Toema-toema.β Ek ruk goed uit en gooi dit alles los onderin die waentjie. Pops se stem word harder. Ek begin, sonder om te dink, so gewoond daaraan, βEendjie, eendjie stap in βn ryβ sing. Die groot oomblik kom en ek kwaak soos βn eend. Pops lag kliphard. Dankie tog.
Die hele sak is nou al uitgegooi. Ek het duidelik die kosblik by die huis vergeet. Of het ek dit ooit vanoggend ingepak?
Dan sien ek βn halwe beskuitjie onderin die sak β seker laas week sβn. Verligting! Ek gryp dit en draai om om dit vir Pops te gee. Sien sy gag bietjie. Druk my vinger in haar keel β haal βn klein haarrekkie uit. Pak die res terug in die botteltjie wat ek geen idee het hoe sy oopgekry het nie, sit dit terug op die rak.
Sy is tevrede met die week oue halwe beskuitjie. Ek sal moet vinnig maak. Dit gaan nie lank hou nie.
By die formulemelk-afdeling hoor ek βn vaagweg bekende stem.
Sy groet my, baba in βn sling voor op haar bors β vas aan die slaap. (Weet nie hoe ander maβs dit regkry nie. Pops wil kan beweeg.)
βn Vriendin van βn vriendin. Al by kinderpartytjies raakgeloop.
Sy groet, vra hoe dit gaan. (Asof ek haar daar en dan gaan verveel met my kwellinge, so natuurlik sΓͺ ek net βgoedβ.)
Dan kyk sy meningsvol na die beskuitjie in Pops se hand.
βIs dit βn kΓ³Γ©kie?β GrootoΓ«.
βTennisbeskuitjie, ja.β
βHoe oud is sy nou weer?β
β10 maande.β Dan, om myself beter te laat lyk, want ek weet wat kom: βEn βn half. 10 en βn half maande.β
βSjoe!β gemaak vriendelik. βEk haal my hoed af vir jou! Myne is amper βn jaar en sy het nog nΓ³Γ³it-Γ³Γ³it suiker geproe nie. Ek doen nog nie so goed met dit nie.β Laggie. βJy doen fantasties!β
Ek forseer βn glimlag. βElk geval, ek het net gou kom formule kry, moet wikkel.β
βFormule? Borsvoed jy dan nie?β
Hoekom voel ek ek moet verduidelik? βEk het vir 9 maande geborsvoed, toe speen sy haarself. Nou doen ek maar die formule-ding.β
βEn jyβs so rustig daaroor? Ek gaan beslis tot tenminste 1 jaar borsvoed. Hulle sΓͺ mos dis maar die beste.β Groot glimlag. βMaar moenie jou bekommer nie, ekβs seker sy sal niks oorkom nie!β
Die aand sit en kyk ek hoe Pops eet. Broccoli, blomkool, murgpampoentjies β¦ En ek is vies vir myself omdat VriendinSeVriendin dit reggekry het om my te ontstel.
Normaal kraam vs keisersnit; borsvoed vs formulemelk; sleep training vs nie sleep training; co-sleeping vs nie co-sleeping; suiker op 1 jaar (wat terloops 12 maande is en dus net 1 en βn halwe maand later as 10 en βn half maande) vs suiker op 10 maande β¦ Wat maak dit saak? Elkeen moet tog doen wat vir haar en haar kind die beste werk. Solank jou kind geliefd voel, veilig en gevoed is en almal darem βn mate van slaap inkry β wat is dan die probleem?
Ek salueer elke ma daarbuite β of jou kind nou al van geboorte af in haar eie kamer slaap of nog op 3 tussen jou en jou man, of jy nou skorsie in jou kind se keel afforseer of haar βn koekie gee waaraan sy gretig peusel β welgedaan! Dis nie maklik om βn ma te wees nie. Doen wat vir jΓ³ΓΊ werk.
Carla Lang
#kouekoffiema
www.kouekoffiema.co.za (Facebook)
https://instagram.com/kouekoffiema (Instagram)
https://www.youtube.com/channel/UC3ftXwIJ8NCH4r_pUGFWBxA (YouTube)