Beskrywing
AGTERGROND
Die Klein Kaptein is ’n kêreltjie wat met ’n skoorsteenpyp, ’n sinkbad, ’n stoelpoot en ’n fietsketting sy skip die “Nooitlek” weer seevaardig maak. Wanneer die skroef, gemaak van gesmelte bronsmunte, ook klaar is, skep ’n groot brander die skip van die hoë duin af waar dit gestrand het. Die avontuurlike tog van die “Nooitlek” met die Klein Kaptein en sy kamerade Dik Druif, Marinka en Bang Tonie kan nou begin. Hulle vaar oor die oseane, kom by vreemde lande aan en trotseer talle gevare.
Al drie dele van die Klein Kaptein se wêreldreis is hier in een band gebundel, met illustrasies in volkleur deur Carl Hollander.
OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Paul Biegel (25 Maart 1925, Bussum – 21 Oktober 2006, Laren) was ’n beroemde Nederlandse kinderboekskrywer. Sy bekronings sluit in: die Nederlandse Staatsprys vir Kinder- en Jeugliteratuur (1973), die Woutertje Pieterse-prys (1991: Anderland en 2000: Laatste verhalen van de eeuw), die Nienke van Hichtum-prys (1973: De twaalf rovers), die Gouden Griffel (1965: Het sleutelkruid; 1972: De kleine kapitein en 1993: Nachtverhaal) en die Zilveren Griffel (1972: De twaalf rovers; 1974: Het olifantenfeest; 1982: Haas en 1988: De rode prinses). In 1996 is hy benoem vir die Hans Christian Andersen-prys en in 1999 is hy uitgeroep tot Ridder in die Orde van die Nederlandse Leeu. Die Rooi Prinses (Protea 2015), met illustrasies deur Fiel van der Veen, is ook in Afrikaans beskikbaar.
LESERSPROFIEL
Voorskool en jeug








Resensies
Daar is tans geen resensies nie.