Willem die Wreedaard

R100.00

Willem die Wreedaard is geweldig wreed. Hy ontvoer briljante uitvinders en dwing hulle om masjiene te bou waarmee hy sy duiwelswerk kan doen. Maar daar kom ’n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem ’n nuwe blaadjie kan omslaan?

’n Snaakse storie vir wreedaarde en weldoeners van alle ouderdomme!

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Willem die Wreedaard is geweldig wreed. Hy ontvoer briljante uitvinders en dwing hulle om masjiene te bou waarmee hy sy duiwelswerk kan doen. Maar daar kom ’n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem ’n nuwe blaadjie kan omslaan?

’n Snaakse storie vir wreedaarde en weldoeners van alle ouderdomme!

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER

John Fardell is ’n skrywer, illustreerder en spotprenttekenaar. Sy avontuurverhale vir kinders sluit in: The 7 Professors of the Far North, The Flight of the Silver Turtle en The Secret of the Black Moon Moth. Fardell se spotprente het in verskeie publikasies verskyn, insluitend Viz, ’n strokiesboek vir volwassenes. Hy woon in Edinburgh saam met sy vrou en twee kinders.

OOR DIE VERTALER

Shané Kleyn het ’n MA in Afrikaanse letterkunde (cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en is sedert April 2010 as redakteur by Protea Boekhuis aangestel. Sedertdien het sy o.a. meer as 60 kinderboeke uit Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal.

LESERSPROFIEL

Kleuters en voorskool

Addisionele Inligting

Mates 28 × 24 cm
Outeur

John Fardell

Vertaler

Shané Kleyn

Aantal bladsye

32

Verskyningsdatum

Augustus 2016

Omslag

Hardeband

ISBN

9781485302285

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Willem die Wreedaard" te beoordeel
Mandjie