My groot lofkleuter Bybel (2)

R340.00

Nog meer bekende Bybelverhale en stories vir kinders! Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. ‘n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se liedjieopnames. Kleuters kan na die liedjies luister terwyl hulle na die illustrasies kyk en die stories lees.

 

Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoe en die ontwikkeling van ‘n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie.

Uit voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

Nog meer bekende Bybelverhale en stories vir kinders! Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. ‘n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se liedjieopnames. Kleuters kan na die liedjies luister terwyl hulle na die illustrasies kyk en die stories lees. Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoe en die ontwikkeling van ‘n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon. Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer. Na die Bybelverhaal is daar ‘n gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Kyk ook uit vir die dierevriende wat die Bybelverhaal-reis saam met die kleuter af lĂȘ. Die diere help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is.

 

OOR DIE OUTEUR

Jan de Wet is veral bekend vir sy betrokkenheid by die kinderproduksies Lofkleuters en Loflaaities. Hiervandaan het My groot lofkleuter Bybel voortgekom. Hy het ook talle geestelike boeke vir volwassenes geskryf.

 

LESERSPROFIEL

5+

 

Addisionele Inligting

Mates 28.0 × 21.0 cm
Outeur

Jan de Wet

Verskyningsdatum

2021

Omslag

Sagteband

Aantal bladsye

208

ISBN

9780639607511

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "My groot lofkleuter Bybel (2)" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Mandjie