Beskrywing
AGTERGROND
Nêrens is ‘n plaas in die Noord-Kaap waar drie broers saam grootgeword het. Hulle lewens word onherroeplik verander deur die afsterwe van hul ma op ‘n jong ouderdom onder tragiese omstandighede. Die drie het mekaar jare laas gesien. Nou moet hulle terugkeer plaas toe vir ‘n verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word – op soek na die broederskap wat hulle verloor het.
OOR DIE OUTEUR
Nico Scheepers maak in 2014 sy debuut as skrywer en regisseur met die produksie Wentel by die KKNK. Hy volg met Amper, Vrystaat (Beste Debuut, Vrystaat Kunstefees / Beste Produksie, Aardklop), Hemelruim en Rooivalk wat drie kykNET-Fiëstas wen (Beste Solovertoning, Beste Nuutgeskepte Teks, Beste Aanbieding) asook die ATKV-Woordveertjie vir Dramateks. In 2017 skryf en behartig hy die regie van Nerêns, Noord-Kaap, wat by die Vrystaat Kunstefees wen vir Beste Nasionale Debuut, en later die kykNET-Fiësta vir Ensemblewerk.
“Nêrens, Noord-Kaap” is ‘n boeiende blik op die komplekse band tussen broers na die verlies van ‘n ouer. – Lida Kruger
LESERSPROFIEL
Tieners







Resensies
Daar is tans geen resensies nie.