Beroemde Suid-Afrikaanse krygsmanne

R275.00

Die jaar is 1510, byna 150 jaar voor Van Riebeeck. Op Tafelbaai se strand sneuwel die Portugese edelman dom Francisco D’Almeida saam met 65 van sy landgenote in ’n slag teen ’n Hottentot-kaptein wie se naam ons nooit sal ken nie.

Met hierdie byna vergete voorval uit die verre verlede begin Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne. Flits nou van 1510 tot 1900, na genl Christiaan de Wet; flits na Dan Pienaar in die westelike Sahara; na Bob Rogers en kol Koos van Heerden en Taakmag Zulu …

Hierdie publikasie bied ’n boeiende beeld van krygsverrigtinge binne en buite ons land in die loop van byna 500 jaar. Hier kan jy lees van Shaka; van die meedoënlose wreedheid maar ook die aansienlike militêre vernuf wat Jonker Afrikaner in die eerste helfte van die vorige eeu in staat gestel het om in Suidwes ’n skrikbewind teen sy landgenote te voer. Jy kan lees van die bloedige botsing tussen die Herero’s en die Duitsers in 1904.

Hier is besielende verhale van moed en heldedom. Hier is ook verhale van haat en onenigheid, broedertwis en verraad.

Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne is egter nie net ’n versameling feite nie, dit bevat oorgenoeg verrassings en verbasende nuwe feite oor onder andere die bloedige geskiedenis van Suidwes. Elke hoofstuk is vlot en leesbaar vertel. Meer as 200 illustrasies – baie van hulle in volle kleur – gee die leser ’n insig in die gebeurtenisse wat die skrywers behandel, terwyl gevegte en maneuvers duidelik met kaarte toegelig word.

Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne is ’n boek om te kry, om te lees, om telkens weer in te blaai. Dit is ’n boek om te hou.

3 in voorraad

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Beskrywing

AGTERGROND

LESERSPROFIEL

Vanaf ouer jeug tot volwassene

Addisionele Inligting

Mates 29.7 × 22.6 cm
Outeur

Leopold Scholtz (red)

Verskyningsdatum

1984

Aantal bladsye

192

Omslag

Hardeband

ISBN

9780947006068

Resensies

Daar is tans geen resensies nie.

Wees die eerste persoon om "Beroemde Suid-Afrikaanse krygsmanne" te beoordeel

Jy mag ook hou van…

Vir Ouer & Kind
Mandjie