Redder van die Ryk-reeks (1-3)

R560.00

Koop die hele reeks en spaar:

Redder van die Ryk (1)

Redder van die Ryk: Die donker eeu (2)

Redder van die Ryk: Die koning se weermag (3)

 

5 in stock

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Description

AGTERGROND

Redder van die Ryk (1):

Sê nou oeroue mites is glad nie mites nie, en daar bestaan regtig iets soos monsters en towerkuns? 

Alfie is die troonopvolger, maar op veertien sukkel hy nog om skool te oorleef. Terwyl ’n oeroue vyand probeer om Brittanje in sy bose mag te kry, besef hy dit gaan baie meer verg as wat hy ooit gedink het om koning te word: Alfie moet ook die Redder word: Die Redder van die Ryk.

 

Redder van die Ryk: Die donker eeu (2)

Alfie het op veertien nie net koning geword nie, maar ook die Redder van die Ryk. Ná die groot geveg tydens sy kroningsplegtigheid, dink Brittanje dit was die laaste sien van die Swart Draak, en Alfie skuif sy redderpak opsy en gee aandag aan sy koninklike pligte. Hy moet leer om sy pa se skoene vol te staan. 

Maar wanneer ’n bende Wikings uit die dood opgewek word, moet Alfie, Hayley en die hellebaardiers regmaak vir ’n epiese stryd wat die koninkryk in ’n nuwe donker eeu kan dompel. Hulle is egter nie alleen nie – ’n paar onverwagse persone staan hulle by. 

Dis die tweede boek in ’n aksiebelaaide trilogie.

 

Redder van die Ryk: Die koning se weermag (3):

Alfie het op veertien nie net koning geword nie, maar ook die Redder van die Ryk. Ná die Redder se verlore stryd teen die Swart Draak, het Professor Lock en sy mag ondooie Vikings Brittanje oorgeneem. Die reusetaak om sy land weer terug te wen weeg swaar op die jong koning se skouers, en hy moet ’n weermag oproep om hom daarmee te help. Intussen voer Hayley ’n rebellie in Londen se agterstrate. Alfie maak staat op sy vriende se hulp om dié epiese stryd aan te pak.   

Dis die laaste boek in ’n aksiebelaaide trilogie.

 

OOR DIE OUTEURS

Mark Huckerby en Nick Ostler skryf TV-reekse en boeke, en het al Emmy’s gewen vir hulle werk, en is al genomineer vir BAFTAs. Onder hulle suksesvolste draaiboeke tel Danger Mouse, Peter Rabbit en Shaun the Sheep.

 

LESERSPROFIEL

Ouer jeug

Additional information

Dimensions 19.7 × 13 cm
Outeurs

Nick Ostler & Mark Huckerby

Vertaler

Kobus Geldenhuys

Omslag

Sagteband

ISBN

978-1-4853-0921-5;
978-1-4853-1118-8;
978-1-4853-1123-2

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Redder van die Ryk-reeks (1-3)”

You may also like…

Mandjie