Description
AGTERGROND
’n Plesierige en spannende ontdekkingsreis op soek na ’n geheimsinnige klein gaatjie, wat uiteindelik nie so ver weg is nie …
OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Isabel Pin (1975) het aan die Ecole des Arts Décoratifs in Strassburg en aan die Fachhochschule für Gestaltung in Hamburg studeer. Haar illustrasies word by die Bologna-boekeskou en die Salon du livre de jeunesse in Parys uitgestal. Pin skryf en illustreer kinderboeke vir Duitse en Franse uitgewerye. Sy woon tans in Berlyn, Duitsland.
OOR DIE VERTALER
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).
LESERSPROFIEL
Baba, kleuter en voorskool
Reviews
There are no reviews yet.