Bloujaar

R180.00

Om grappies daaroor te maak dat sy eintlik ’n “girly ma” is wat hou van coffee shops en naels verf en in die winkels rondhang saam met sy sussies is een ding. Maar dat sy ma blatant vir hom sal lieg oor wat met sy pa aan die gang is en dan boonop maak dat hy in graad 7 – graad 7! – na ’n nuwe skool toe moet gaan: daarvoor gaan Rampie Malherbe haar nie gou vergewe nie.

Want sommer net so, onaangekondig, verander Rampie se hele lewe. Die een oomblik is hy en sy pa nog op die gholfbaan – en die volgende bly daar ’n Groot Skrik in Rampie se maag en word sy Dêrra ’n maer vreemdeling met bok-oë en hangskouers. En as alles by die huis goorder voel as ’n Wiskundetoets op ’n Vrydagoggend … hoe hanteer ’n mens  vreemde vriende, simpel sussies en ’n SW-juffrou wat praat soos Jan van Riebeeck sonder om so bietjie die pad byster te raak?

5 in stock

Sit op Wenslys
Sit op Wenslys

Description

AGTERGROND

OOR DIE OUTEUR

Keina Swart is reeds ’n gewaardeerde naam in joernalistiekkringe, nie net as nuusredakteur van Die Pos nie, maar veral ook danksy haar gereelde rubrieke in Rapport en Beeld. Haar kinderboek Hoekom praat grootmense so snaaks? het in 2011 ’n ATKV-Woordveertjie ingepalm – en met Bloujaar bewys sy dat sy ook met groot gemak vir en oor tieners kan skryf. 

LESERSPROFIEL

Tieners

Additional information

Dimensions 21.3 × 13.7 cm
Outeur

Keina Swart

Omslag

Sagteband

Verskyningsdatum

April 2018

Aantal bladsye

144

ISBN

978-1-4853-0046-5

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Bloujaar”
Mandjie