Description
AGTERGROND
Daar is iets wat Wolfie baie graag wil hê, maar dit is baie duur. Hy moet sy maanmunte spaar! Wolfie werk hard. Hy leer hoe om sy maanmunte om te draai en kort voor lank kan hy koop wat sy hart begeer … ’n blinknuwe fiets! Hierdie pragtige volkleurprenteboek help kinders speel-speel leer wat dit beteken om te spaar en oordeelkundig met geld te werk. Geskryf deur die veelbekroonde Afrikaanse kinderboekskrywer Jaco Jacobs, met illustrasies deur Gabi Boy.
Help kinders speel-speel leer hoe om spaarsamig met geld te werk.
MEER OOR DIE OUTEUR
Jaco Jacobs is ’n bekroonde vertaler en skrywer. Sy skrywersloopbaan het al op skool begin, toe hy aan verskeie kompetisies vir aspirantskrywers deelgeneem en sy eerste stories in tydskrifte gepubliseer is. Tot op hede het Jaco al meer as 170 boeke vir kinders en jongmense gepubliseer, waaronder prenteboeke, kinderverse en niefiksie. Meer as eenmiljoen eksemplare van sy boeke is al verkoop en hy is tans een van die toperverkoperskrywers in Suid-Afrika. Daarby het hy al meer as 300 kinderboeke in Afrikaans vertaal. Jaco glo humor is ’n kernbestanddeel in enige prettige kinderboek en sy boeke word deur ’n sterk element van pret gekenmerk.
OOR DIE ILLUSTREERDER
Gabi Boy het ’n BSC-graad in Menslike Lewenswetenskappe en is ’n gekwalifiseerde hoërskoolonderwyseres. Van kleins af al gebruik sy haar verbeelding om stories uit te dink, meestal om haarself uit die moeilikheid te kry, en meer onlangs om haar twee dogters te vermaak. Sy het ook ’n liefde vir teken en in 2020 was Gabi een van Suid-Afrika se Picture This-wenners, ’n illustrasiekompetisie waar illustreerders van regoor die wêreld deelneem.
LESERSPROFIEL
3-7 jaar
Reviews
There are no reviews yet.