Beskrywing
AGTERGROND
Ontmoet Lisa Liefbesie, ‘n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die groot plaas waar sy woon. Maar op haar verjaarsdag gebeur iets skrikwekkends – haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos! Volg Lisa op ‘n opwindende avontuur terwyl sy soek vir haar kolle. Ontmoet vriende soos Kollehond, Bessie die Frieskoei, en Takelane Tarentaal, wat almal probeer help om die raaisel op te los. Sal Lisa haar kolletjies vind voordat haar verjaarsdagpartytjie verby is?
OOR DIE OUTEUR
Dr Riana Scheepers is een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans. Uit haar pen het agt kortverhaalbundels, twee romans, ‘n digbundel, twee rubriekbundels, kinderverhale en verskeie akademiese- en joernalistieke artikels verskyn. Sy is ook samesteller van vyf bloemlesings wat in Suid-Afrika en in België verskyn het. Haar literêre werk is vertaal in Nederlands, Spaans, Frans en Engels. Sy is reeds bekroon met die Akademie vir Wetenskap en Kuns se Eugène Marais-prys, die ATKV-prosaprys, die FAK-prys en die ATKV Kinderboekprys. Riana woon op die historiese wynplaas De Compagnie in die Wamakersvallei. Sy is bedags plaasbestuurder en snags skrywer. Sy woon ook op Paternoster in ‘n visserhuis, in Namibië in ‘n spookhuis en in ‘n kliphuis in die Tankwa-Karoo.
LESERSPROFIEL
Voorskool en jong jeug
Resensies
Daar is tans geen resensies nie.